Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
ghai (informeel, lekties) Ook ghaai
♦ s.nw. | ghais | gek; nar: › Elke 5de November, in die buurte van South End en Rusthof in die Strand, is die leë blikkies energiek in die strate teen mekaar gekap. Kinders in saamgeflanste kostuums was ’n algemene gesig. Dit was Guy Fawkes! “Mense hier kom die ghai, mense hier kom die ghai, die ghai maak lawaai!” (waar “ghai” eintlik “nar” of meer “fool” beteken), het die lirieke geklink. Ons het na die strate gehardloop om die jillende narre te sien. Hul gesigte was met poeierverf en lipstiffie en ander kleurmiddels gekleur en aan die lywe was stukkende klere en kreukelpapier (Julian Jansen, Rapport, 4 November 2018).
UITDRUKKING(S):
♦ ghai of ghaai maak gekskeer; grappe maak: › Ons ghai net, gooi een van die vroue ’n verskoning jou kant toe (Anastasia de Vries, Vrye Weekblad, 5 Mei 2023). › Een ding wat ek dankbaa is vi wanne dit kô by Suid-Afrikaners, en die res van Afrika se mense, is ôs level van kan ghaai maak van ’n ding. Daa is altyd ’n challenge, of ’n grap, of ’n meme wat uitstiek net om die swaa […] te teckle, wan alles voel bietere as mens kan lag oo die situasie; dit maak dinge ligter (Olivia M Coetzee, Vrye Weekblad, 27 Maart 2020). › Vroue maak ghai by Comedy Club (Stephanie Pekeur, Son, 1 Augustus 2017).
♦ ww. | het geghai | grappies maak; gekskeer; spot
UITDRUKKING(S):
♦ iemand ghai of ghaai iemand uittart; met iemand gekskeer; met iemand die gek skeer: › Die kinders ghai haar die hele dag by die skool.
♦ ’n ghai of ghaai van jouself maak ’n gek van jouself maak.
oorsprong:
Uit Engels Guy (Fawkes).
gesinslek
geskryfde
geslagsdisforie
geslagsgeweld
geslagskleur
geslagsneutraal
gesondheidsbevorderingsheffing
gesondheidspas
gesteunde
getap
getjarra
getjil
geuraksent
gevaar
gevaarloon
gevoetesleep
gewatsegoeters
gewingerd
gewoer-woer
gewolt
gezoei
gezonk
ghaazie
ghai
ghellie
ghielap
ghoemahare
ghoentoem
ghoes
ghoesl
ghonnaghoet
ghost
ghries
ghwa
ghwaai
gielaaf
gierplank
gierslaaf
gigu
gin
gin-en-tonic
GIS
giya
GKI
glamp
glampeer
glansgans