Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
gevaar s.nw. | gevare |
UITDRUKKING(S):
♦ die … Gevaar (veral histories, skertsend) enigiets wat (’n konserwatiewe) gemeenskap as (volks)vreemd en/of as strydig met (aanvaarde) beginsels beleef of beskou (het), en as gevolg daarvan as (moontlik) gevaarlik: › In die apartheidsjare was ons ’n groot skaapkraal. Oom PW was die skaapwagter wat ons veilig gehou het teen die Rooi Gevaar, die Swart Gevaar, die Roomse Gevaar, die Joodse Geldmag-gevaar, en enige gevaar wat volksvreemd was (Jan Horn, Vrye Weekblad, 1 November 2019). › Eers was dit die Rooi Gevaar, toe die Swart Gevaar en nou die Pienk Gevaar! Wat gaan mense volgende onder die klip uitkrap om hul angs mee te voer? (Die Burger, 25 Oktober 2006).
Germaans
geruisdempend
geruisdowend
geselsbot
geselsrobot
gesigherkenningstegnologie
gesigsbiometrie
gesigskild
gesigsuier
gesin x familie
gesinslek
geskryfde
geslagsdisforie
geslagsgeweld
geslagskleur
geslagsneutraal
gesondheidsbevorderingsheffing
gesondheidspas
gesteunde
getap
getjarra
getjil
geuraksent
gevaar
gevaarloon
gevoetesleep
gewatsegoeters
gewingerd
gewoer-woer
gewolt
gezoei
gezonk
ghaazie
ghai
ghellie
ghielap
ghoemahare
ghoentoem
ghoes
ghoesl
ghonnaghoet
ghost
ghries
ghwa
ghwaai
gielaaf
gierplank