Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 29 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Germaans s.nw. [geen meervoud]
◌ ENGELS: Germanic
Germaans het baie dogtertale
Germaans is die oertaal waarvan daar vandag minstens ’n dosyn dogtertale bestaan, en waarvan Duits net maar een is. (En naas dié twaalf Germaanse tale is daar ook nog Germaanse Kreole.)
Germaans is as eenheidstaal gepraat in die eerste eeue van die huidige jaartelling. Dié taal se sprekers het daarna getrek in drie rigtings van mekaar en van die gemeenskaplike woonplek af. Daarom praat ons van Noord-, Oos- en Wes-Germaans.
Die Oos-Germaanse tale het almal uitgesterf, maar in een, naamlik Goties, het ons darem groot dele van die Nuwe Testament, wat destyds uit Grieks vertaal is deur Wulfila.
As Noord-Germaanse tale ken ons vandag Noors, Sweeds, Deens, Yslands en Faroëes. Die eerste vier is redelik bekend, Faroëes nié. Faroëes word op die Faroëse Eilande gepraat. Dié sowat 600 Faroëse Eilande lê noord van Skotland, wes van Denemarke. Thorshaven (“Thor se hawe”) is die hoofstad.
Nie Afrikaans nie, maar Faroëes is die jongste amptelik erkende Germaanse taal. Waar Afrikaans in 1925 as amptelike taal erken is, is Faroëes eers in 1939 erken. Tevore was Deens die enigste amptelike taal op die Faroëse Eilande. Met ’n Afrikaanse oog beskou, is die Faroëse Eilande ’n uiters interessante taalland om te besoek.
Die Wes-Germaanse tale is Duits (ook Hoogduits genoem), Jiddisj, Platduits, Nederlands (wat Vlaams insluit), Afrikaans, Fries en Engels.
Die Hoog- van Hoogduits en die Plat van Platduits het oorspronklik niks met taalstatus te make nie.
Hoogduits is oorspronklik eenvoudig die vorm van Duits wat in die hooglande, d.w.s. die berg- en heuwelagtige suide van Duitsland, Switserland en Oostenryk gepraat is.
Platduits is die Duits wat op die plat vlaktes van Noord-Duitsland gepraat word. Hamburg is die vernaamste stad. Platduits het meer as 12 miljoen sprekers, dit het ’n groot literatuur, en eie radio- en
TV-stasies.
Jiddisj is ’n afstammeling van Middeleeuse Hoogduits, en bevat talle Slawiese woorde en uitdrukkings, maar grammatikaal is dit nogtans tot vandag toe Wes-Germaans. Daar verskyn vandag nog koerante in Jiddisj, byvoorbeeld in New York. Ook in Suid-Afrika is daar ’n groot Jiddisje sprekerskorps, veral onder ouer mense.
As Wes-Germaanse taal staan Engels vandag die naaste aan Fries. As mens Nederlands, Engels en Afrikaans ken, kan jy Fries met behulp van 'n woordeboek lees.
In Suid-Afrika het ons Friese voorouers hulle taal resloos prysgegee. Dié Friese voorouers sluit in die stamouers Van der Walt, Veenstra/Feenstra, Dykstra, Hofstra, Hoekstra, Havenga, Spoelstra, Boonstra en Hiemstra.
Johan Combrink
Taalgereedskap: Die Burger, 25 September 1995 © Netwerk24
In die Woordeboek van Afrikaans Vandag opgeneem met toestemming.
genderstereotipering
genderswerwer
gendervloeibaar
generasie
geneties
genomies
genomika
gentleman-skollie
gentrifikasie
gentrifiseer
gentrifisering
geoligging
geolokalisering
geolokasie
geomitologie
geopolitiek
geoposisie
geoposisionering
geoskattejag
geosmien
geosmine
geostasionêre satelliet
geraasonderdukkend
Germaans
geruisdempend
geruisdowend
geselsbot
geselsrobot
gesigherkenningstegnologie
gesigsbiometrie
gesigskild
gesigsuier
gesin x familie
gesinslek
geskryfde
geslagsdisforie
geslagsgeweld
geslagskleur
geslagsneutraal
gesondheidsbevorderingsheffing
gesondheidspas
gesteunde
getap
getjarra
getjil
geuraksent
gevaar