Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 29 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
geosmien s.nw. [geen meervoud] Ook (verouderd) geosmine
organiese verbinding met ’n kenmerkende reuk, soos dié van varsgeploegde grond of modder, wat geproduseer word deur mikroörganismes wat in grond, op verrottende materiaal en op alge lewe: › Dit moet beklemtoon word dat geosmi[e]n geen bedreiging vir mense se gesondheid inhou nie. Dit is ’n organiese verbinding wat natuurlik voorkom en is verantwoordelik vir die grondsmaak van byvoorbeeld beet, en die reuk in die lug wanneer dit ná ’n droë tydperk gereën het (Netwerk24, 7 Januarie 2021). › Geosmi[e]n is soms in water teenwoordig veral tydens tydperke van warm weer, en selfs klein konsentrasies daarvan kan in die menslike smaaksintuig bespeur word [...] Die metro monitor die situasie as deel van die waterbehandelingsproses. Dit word verbeter deur geaktiveerde verpoeierde koolstof tydens die proses by te voeg om die effek van geosmi[e]n te verminder (Netwerk24, 7 Januarie 2021).
◌ ENGELS: geosmin
genderneutraliteit
genderqueer
genderspektrum
genderstereotipe
genderstereotipering
genderswerwer
gendervloeibaar
generasie
geneties
genomies
genomika
gentleman-skollie
gentrifikasie
gentrifiseer
gentrifisering
geoligging
geolokalisering
geolokasie
geomitologie
geopolitiek
geoposisie
geoposisionering
geoskattejag
geosmien
geosmine
geostasionêre satelliet
geraasonderdukkend
Germaans
geruisdempend
geruisdowend
geselsbot
geselsrobot
gesigherkenningstegnologie
gesigsbiometrie
gesigskild
gesigsuier
gesin x familie
gesinslek
geskryfde
geslagsdisforie
geslagsgeweld
geslagskleur
geslagsneutraal
gesondheidsbevorderingsheffing
gesondheidspas
gesteunde
getap