Bygewerk op 23 September 2021
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordwisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Oktober 2019 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

izinyoka s.nw. [versamelnaam] (Zoeloe)
1
oop kragkabels weens onwettige verbindings: As jy aan dié izinyoka raak, gaan jy dood, want daar is duisende volt wat deur jou lyf gaan (Cara-Lee Dorfling, Netwerk24, 14 April 2019).

2
elektrisiteit wat onwettig van die paal van ’n straatlig herlei word: Inwoners eis dat plaaslike owerhede die straatlamp moet herstel sodat hulle hul izinyoka kan herinstalleer. “Izinyoka of nie, ons benodig krag” (Netwerk24, 13 Augustus 2018).

3
(ook soms, minder akkuraat) (a) persoon wat onwettig krag van oop kabels herlei. (b) koperkabeldief: Daar was eenkeer ’n Sotho-man wat erken het hy was ’n Izinyoka. Yo! Yo! Yo! Skok het soos ’n Mexican wave deur die sirkel gegolf soos dit vertaal word in al 11 amptelike tale (Viv Vermaak, Vrye Weekblad, 8 Januarie 2021).
OORSPRONG:
Zoeloe izinyoka, die byt van ’n slang

samestellings:
izinyoka-elekrisiteit: Die inwoners van die informele nedersetting gebruik inzinyoka-elektrisiteit.


 Nuut: HAT Aanlyn se dae getel (aankondiging)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2021 Jana Luther