Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
genderstereotipe s.nw. | genderstereotipes |
1 algemene idee/beskouing van kenmerke en/of eienskappe waaroor vroue en mans na bewering behoort te beskik en die rolle wat hulle na bewering in die samelewing behoort te vervul: › Gender stereotipes kan beide positief en negatief wees, byvoorbeeld, “vroue versorg” of “vroue is swak”. › Vandag sou ek dit aflag, maar dit was die eerste keer wat ek blatant verneder is oor my verwyfdheid, as ’n mens nou op genderstereotipes moet terugval. Want wie het met die fantasie begin dat seuntjies butch is en hou van gewere en blou kleure en meisies is giggelende prinsessies wat met poppe speel (Herman Lategan, Rapport, 25 Februarie 2018). › In die openbare domein het [die flambojante fopdosser] en haar vriendinne dikwels bikini’s gedra: by openbare swembaddens, op die strand en in die park. Om genderstereotipes in die openbaar só te buig was binne die konteks subversief, en bowenal teen die wet (Johan Myburg, Vrye Weekblad, 24 Mei 2019).
2 iemand wat oënskynlik met so ’n idee of beskouing [soos by 1] van sy/haar aangewese geslagsrol ooreenstem. ◌ ENGELS: gender stereotype
geldeenheid
geldmuil
geloofskas
geluiddempend
geluiddowend
geluidshaat
geluk
gemani
gemeenskapstuin
gemengde leer
gementorde
gemoedsbekakker
gemoedsbekakking
gemors
gemorsopruimer
genderbinariteit
gendergeweld
genderidentiteit
genderkontinuum
genderneutraal
genderneutraliteit
genderqueer
genderspektrum
genderstereotipe
genderstereotipering
genderswerwer
gendervloeibaar
generasie
geneties
genomies
genomika
gentleman-skollie
gentrifikasie
gentrifiseer
gentrifisering
geoligging
geolokalisering
geolokasie
geomitologie
geopolitiek
geoposisie
geoposisionering
geoskattejag
geosmien
geosmine
geostasionêre satelliet
geraasonderdukkend