Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
gehiernatoe s.nw.
UITDRUKKING(S):
♦ ’n gehiernatoe en ’n gedaarnatoe of ’n gehiernatoe en -daarnatoe
1 ’n gemaal of beweging in verskillende rigtings: › Dis ’n gehiernatoe en ’n gedaarnatoe, ’n gemaal, gedreun en ’n gesteun en as daar stukke sinkplaat of ’n dooie dier [in die rivier] verbykom, dán moet jy hulle hoor (Laureen Rossouw, Vrye Weekblad, 12 Augustus 2022).
2 ’n gehink op twee of meer gedagtes en ’n gesukkel om tot ’n besluit te kom: › Hierdie skrywe gaan oor die gehiernatoe en gedaarnatoe oor die volksliedkwessie. Ons nuwe staatsbestel het nuwe simbole nodig om sy andersheid te simboliseer (Die Burger, 18 Maart 1995).
3 pogings om ’n antwoord te ontwyk of iets te ontduik: › Van die spanbestuur se kant was daar ’n gehiernatoe en gedaarnatoe oor Ronaldo se beskikbaarheid. Toe hy kwansuis weens ’n beenbesering uitgelaat is, was daar groot onmin in die span kort voor die afskop (Die Burger, 21 Julie 1998).
gazi
gazie
gazielam
GBG
geboorteafrigter
gebrokehartsindroom
gebruikstekenmunt
gechill
gedenktuin
gedenktuiste
gedoente
gedragsbank
gedragsekonomie
geelpers
geënkripteer
geenredigering
geesteswetenskappe
gefica
gehanna-hanna
geheueskuim
geheueskuimrubber
geheuespons
geheuestokkie
gehiernatoe
geit
gekletter
gekorona
gekureer
gelamba
gelappop
geldeenheid
geldmuil
geloofskas
geluiddempend
geluiddowend
geluidshaat
geluk
gemani
gemeenskapstuin
gemengde leer
gementorde
gemoedsbekakker
gemoedsbekakking
gemors
gemorsopruimer
genderbinariteit
gendergeweld