Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
geelpers s.nw. [geen meervoud] (neerhalend) ◌ Ook geel pers ◌ › die geelpers bedenklike joernalistiek gekenmerk deur skindernuus, ongegronde aansprake en halwe waarhede: › Al het ek nie deelgeneem aan die gerug-verspreiding nie, is ek natuurlik ’n nuusverbruiker, soms selfs van die geelpers, hoewel ek dit grootliks probeer vermy – behalwe wanneer ek my oë wil rol oor hulle absurditeite (Anesca Smith, Vrye Weekblad, 26 Maart 2024). › [Die Britse koninklike familie] sorg steeds vir genoeg skandale in die geelpers (Madeleine Barnard, Vrye Weekblad, 13 November 2020). › Albei here verkondig en versterk die narratief dat alles uitmekaarval en dat die owerhede (of minstens hul woordvoerders) daarop uit is om minderhede te blameer vir al ons sondes. Dis hierdie tipe xenofobiese geelpers wat daartoe kan lei dat Afrikaners al hoe neerslagtiger word en net die ergste verwag (Charl Adams, Rapport, 7 Julie 2019). › Die groot vraag is of hierdie gruwelhuise ’n produk van ons samelewing is – en of dit ’n soort natuurfrats is waarin ons ons kan verlustig in die geelpers sonder om verantwoordelikheid daarvoor te neem? (Willemien Brümmer, Netwerk24, 19 Oktober 2017). ◌ SINONIEM(E): riooljoernalistiek ◌ ENGELS: yellow journalism, the yellow press
samestelling(s):
geelpers-fotograaf
geelpers-koerant: › Dit was ’n saamgestelde bundel van Stones-foto’s deur die dekades, uitgegee deur die berugte Britse geelpers-koerant The Daily Mail – aansienlik meer bekend vir hul smerige skindernuus en lasterhofsake as vir diepgaande resensies van rockmusiek (Valiant Swart, Netwerk24, 11 September 2020).
Gariepafrikaans
gasbeligting
gaslight
gaslighting
gasskrywer
gat
gatomswaai
gatsby
gatta patatta
gay
gazi
gazie
gazielam
GBG
geboorteafrigter
gebrokehartsindroom
gebruikstekenmunt
gechill
gedenktuin
gedenktuiste
gedoente
gedragsbank
gedragsekonomie
geelpers
geënkripteer
geenredigering
geesteswetenskappe
gefica
gehanna-hanna
geheueskuim
geheueskuimrubber
geheuespons
geheuestokkie
gehiernatoe
geit
gekletter
gekorona
gekureer
gelamba
gelappop
geldeenheid
geldmuil
geloofskas
geluiddempend
geluiddowend
geluidshaat
geluk