Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
geit s.nw. (informeel) ding; gril; nuk; streek: › Ons probeer nuwe inligting bywerk, maar feite en geite kon intussen verander het; laat weet gerus as jy so iets raaksien (Albertus van Wyk, Weg, 6 Junie 2019).
◌ ENGELS: fancy | whim
geite en giere grille/nukke en giere: › Om ’n generasie se geite en giere in ’n paar paragrawe neer te pen, is ’n taak wat grens aan die onmoontlike (Anke Marais, UP, Netwerk24, 4 Junie 2019).
=geit
Ook (weinig gebruiklik) =geid
[woorddeel] wat beskik oor of gekenmerk word deur dit wat in die eerste deel genoem word: › agterbaksgeit › andersgeit › bedonnerdgeit › goedgeit › grandgeit/grêndgeit › hardekwasgeit › Nou kyk, van rooi-en-blou hardekwasgeit en plaaslike vredesregter speel, het ek nou genoeg gehad (Nelia Engelbrecht, Huisgenoot). › kwaadgeit › lelikgeit › lompgeit › sexygeit › stjoepitgeit › Gaan kyk as jy wil bloos vir egoïste se stjoepitgeit (Leon van Nierop, Huisgenoot).
oorsprong:
informele/skertsende variant van =heid.
gazie
gazielam
GBG
geboorteafrigter
gebrokehartsindroom
gebruikstekenmunt
gechill
gedenktuin
gedenktuiste
gedoente
gedragsbank
gedragsekonomie
geelpers
geënkripteer
geenredigering
geesteswetenskappe
gefica
gehanna-hanna
geheueskuim
geheueskuimrubber
geheuespons
geheuestokkie
gehiernatoe
geit
gekletter
gekorona
gekureer
gelamba
gelappop
geldeenheid
geldmuil
geloofskas
geluiddempend
geluiddowend
geluidshaat
geluk
gemani
gemeenskapstuin
gemengde leer
gementorde
gemoedsbekakker
gemoedsbekakking
gemors
gemorsopruimer
genderbinariteit
gendergeweld
genderidentiteit