Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 29 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
gatsby s.nw. | gatsbies | (Suid-Afrika, kookkuns) lang broodrol met enige beskikbare vulsel, gew. slaptjips en polonie of hoender met 'n sous: › Toe Rashad Panday van Super Fisheries destyds net slaptjips, polonie en atjar in sy winkel oorgehad het en dit in ’n broodjie gesit het, was hy verstom toe sy werkers dit geniet. Hy het die gatsby aan sy klante bekend gestel en toe hy goeie terugvoer kry, het hy dit op sy spyskaart gesit. ’n Man met die naam Froggy het dit ’n “smash, oftewel ’n gatsby-smash genoem” en so het die naam ontstaan (Tazneem Wentzel aan Roshé Taka, Netwerk24, 12 April 2019).
◌ ENGELS: gatsby
UITDRUKKING(S):
♦ 'n gatsby van … ’n mengelmoes van …: › [Hy is gebore] op die Kaapse Vlakte, waar jy ’n gatsby van tale hoor, Kaaps, Engels en Afrikaans op dieselfde French roll opgestapel met slaptjips daarby (Heindrich Wyngaard, Vrye Weekblad, 5 Desember 2019).
FSA
FTTH
fuifkyk
fynstof
G&T
gaajat
gaapfees
Gaia
galg
gammavariant
gamr
Ganesha
ganja
gapingsdekking
GAR
garagepaai
Gariepafrikaans
gasbeligting
gaslight
gaslighting
gasskrywer
gat
gatomswaai
gatsby
gatta patatta
gay
gazi
gazie
gazielam
GBG
geboorteafrigter
gebrokehartsindroom
gebruikstekenmunt
gechill
gedenktuin
gedenktuiste
gedoente
gedragsbank
gedragsekonomie
geelpers
geënkripteer
geenredigering
geesteswetenskappe
gefica
gehanna-hanna
geheueskuim
geheueskuimrubber