Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
gasskrywer s.nw. | gasskrywers | skrywer aan wie ’n universiteit vir ’n geruime tyd verblyf gee om as gasdosent daar lesings te hou: › Die Universiteit van Gent in België het aangekondig dat Antjie Krog in Oktober en November 2021 as die eerste literêre gasskrywer deur dié instelling ontvang gaan word. Die universiteit bejeën hul gasskrywers as ’n “kreatiewe inspirasiebron” wat impetus gee aan “kritiese refleksie”-skryfwerk en die uitdagings waarmee die wêreld te kampe het (LitNet, 7 Julie 2021).
◌ ENGELS: writer-in-residence
fragmentarium
Frans
frasenaam
FSA
FTTH
fuifkyk
fynstof
G&T
gaajat
gaapfees
Gaia
galg
gammavariant
gamr
Ganesha
ganja
gapingsdekking
GAR
garagepaai
Gariepafrikaans
gasbeligting
gaslight
gaslighting
gasskrywer
gat
gatomswaai
gatsby
gatta patatta
gay
gazi
gazie
gazielam
GBG
geboorteafrigter
gebrokehartsindroom
gebruikstekenmunt
gechill
gedenktuin
gedenktuiste
gedoente
gedragsbank
gedragsekonomie
geelpers
geënkripteer
geenredigering
geesteswetenskappe
gefica