Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 22 Januarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Van 2024 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
geenredigering s.nw. [gewoonlik enkelvoud] verandering van spesifieke DNS-volgordes in die genoom van ’n lewende organisme deur middel van biotegnologiese tegnieke: › Geenredigering word gedoen op die DNS van reproduktiewe selle wat, tans nog net in die laboratorium, van een geslag tot die volgende oorgedra kan word (Elsabé Brits, Netwerk24, 30 Oktober 2019). › Mense se mening oor geenredigering vir mediese voordele hang af van hul wetenskaplike kennis […] Altesame 72% van respondente het gesê dit is aanvaarbaar om ’n ongebore baba se genetika te verander om ’n toestand te behandel wat die baba by geboorte sal hê, maar net 60% meen dit is reg om ’n siekte te voorkom wat die kind eers later in sy lewe sal ontwikkel (Elsabé Brits, Netwerk24, 30 Oktober 2019). › Vir B. hou die toekoms van teling aspekte van geenredigering in om byvoorbeeld horinglose of poenabeeste te vermeerder (Johan Norval, Landbou.com, 25 September 2019). › Die navorsing is [...] gedoen deur drie gene van die tamatie te redigeer. Een van dié gene beheer hoe die plant groei. [...] Nog ’n veranderde geen lei daartoe dat die plant sy vrugte in trosse dra, byna soos druiwe. Die derde geen veroorsaak dat die stele korter is, byna soos ’n ingeboude snoeiskêr. Dit maak die plante buitengewoon kompak. Die tegniek wat gebruik is, staan bekend as CRISPR-Cas9. Dit werk soos ’n genetiese skêr en is gemik op ’n bepaalde geen of geenreeks, wat uitgesny word. Dus word die werking verander en die geen word as ’t ware uitgesny (Elsabé Brits, Landbouweekblad, 7 Februarie 2020). ◌ ENGELS: gene editing
KYK OOK: CRISPR
gaslight
gaslighting
gasskrywer
gat
gatomswaai
gatsby
gatta patatta
gay
gazi
gazie
gazielam
GBG
geboorteafrigter
gebrokehartsindroom
gebruikstekenmunt
gechill
gedenktuin
gedenktuiste
gedoente
gedragsbank
gedragsekonomie
geelpers
geënkripteer
geenredigering
geesteswetenskappe
gefica
gehanna-hanna
geheueskuim
geheueskuimrubber
geheuespons
geheuestokkie
gehiernatoe
geit
gekletter
gekorona
gekureer
gelamba
gelappop
geldeenheid
geldmuil
geloofskas
geluiddempend
geluiddowend
geluidshaat
geluk
gemani
gemeenskapstuin