Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 23 Januarie 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Getal trefwoorde vandag: 3 312 (woordeboek) | 222 (rubrieke)

Soek in:

geenredigering s.nw. [gewoonlik enkelvoud] verandering van spesifieke DNS-volgordes in die genoom van ’n lewende organisme deur middel van biotegnologiese tegnieke: Geenredigering word gedoen op die DNS van reproduktiewe selle wat, tans nog net in die laboratorium, van een geslag tot die volgende oorgedra kan word (Elsabé Brits, Netwerk24, 30 Oktober 2019). Mense se mening oor geenredigering vir mediese voordele hang af van hul wetenskaplike kennis […] Altesame 72% van respondente het gesê dit is aanvaarbaar om ’n ongebore baba se genetika te verander om ’n toestand te behandel wat die baba by geboorte sal hê, maar net 60% meen dit is reg om ’n siekte te voorkom wat die kind eers later in sy lewe sal ontwikkel (Elsabé Brits, Netwerk24, 30 Oktober 2019). Vir B. hou die toekoms van teling aspekte van geenredigering in om byvoorbeeld horinglose of poenabeeste te vermeerder (Johan Norval, Landbou.com, 25 September 2019). Die navorsing is [...] gedoen deur drie gene van die tamatie te redigeer. Een van dié gene beheer hoe die plant groei. [...] Nog ’n veranderde geen lei daartoe dat die plant sy vrugte in trosse dra, byna soos druiwe. Die derde geen veroorsaak dat die stele korter is, byna soos ’n ingeboude snoeiskêr. Dit maak die plante buitengewoon kompak. Die tegniek wat gebruik is, staan bekend as CRISPR-Cas9. Dit werk soos ’n genetiese skêr en is gemik op ’n bepaalde geen of geenreeks, wat uitgesny word. Dus word die werking verander en die geen word as ’t ware uitgesny (Elsabé Brits, Landbouweekblad, 7 Februarie 2020).ENGELS: gene editing

KYK OOK: CRISPR


Let wel
Kies in watter bron(ne) jy wil soek. As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word voorbeelde van die woord in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Kyk hier onder hoe jy ook met behulp van spesiale karakters kan soek.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Artikels, rubrieke en podsendings van 2025

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther