Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 29 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
gedragsekonomie s.nw. ekonomiese skool wat ekonomiese besluitneming verklaar aan die hand van sielkundige insigte in menslike gedrag: › Waar gedragsekonomie eens tot die akademie beperk was, het invloedryke denkers [...] dié studieveld in die kollig geplaas as ’n kragtige manier om probleme op te los en sakesukses te dryf (Finweek, 28 Mei 2015). › Die veld van gedragsekonomie het ons ’n dieper insig in menslike oordeel en besluitneming gegee. Dit trek ’n gordyn weg om ’n realistieser, en tog effens onbekende weergawe te onthul van wat ons werklik is. Ek sê “effens onbekend”, want van die sterkste bevindinge wat die veld oplewer, is in direkte teenstelling met dit wat die gewone ekonomiese studievelde ons soveel jare lank wysgemaak het. Die aanname was byvoorbeeld dat ons eiebelangsoekende, rasionele maksimeerders is wat onafhanklik van die omgewing rondom ons optree. Gedragsekonomie sê vir ons dit is gevaarlik ver van die waarheid (David Perrott en Sebastian Thompson, Finweek, 28 Mei 2015). › Adrian Gore het een hoofdoelwit gehad toe hy in 1992 met Discovery begin het: om die gedragsekonomie te gebruik om mediese versekering te hervorm deur met ’n ingewikkelde reeks aansporings die onus op die pasiënt te plaas om beter te leef en minder te eis (Huisgenoot, 17 April 2020).
◌ ENGELS: behavioral economics
garagepaai
Gariepafrikaans
gasbeligting
gaslight
gaslighting
gasskrywer
gat
gatomswaai
gatsby
gatta patatta
gay
gazi
gazie
gazielam
GBG
geboorteafrigter
gebrokehartsindroom
gebruikstekenmunt
gechill
gedenktuin
gedenktuiste
gedoente
gedragsbank
gedragsekonomie
geelpers
geënkripteer
geenredigering
geesteswetenskappe
gefica
gehanna-hanna
geheueskuim
geheueskuimrubber
geheuespons
geheuestokkie
gehiernatoe
geit
gekletter
gekorona
gekureer
gelamba
gelappop
geldeenheid
geldmuil
geloofskas
geluiddempend
geluiddowend
geluidshaat