Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 29 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
gay b.nw. [attr. en pred.] wat seksueel aangetrokke voel tot persone met dieselfde genderidentiteit, of wat deur so ’n aangetrokkenheid gekenmerk word: › ’n Gay verhouding kan bestaan tussen twee gay mans, of tussen ’n gay man en ’n transgender man, of tussen twee transgender mans. Of dit kan ’n verhouding tussen twee gay vroue (sommige verkies die woord lesbies) wees, of tussen ’n gay vrou en ’n transgender vrou, of tussen twee transgender vroue (Elsabé Brits, Vrye Weekblad, 2 Augustus 2019).
◌ ENGELS: gay
› gay trots Ook [dikwels met hoofletters] (meer dikwels, Engels) gay pride of Pride
bevordering van selfaanvaarding, selfbevestiging, waardigheid, verhoogde sigbaarheid en gelykheid van LGBTQIA-mense as ’n sosiale groep.
fuifkyk
fynstof
G&T
gaajat
gaapfees
Gaia
galg
gammavariant
gamr
Ganesha
ganja
gapingsdekking
GAR
garagepaai
Gariepafrikaans
gasbeligting
gaslight
gaslighting
gasskrywer
gat
gatomswaai
gatsby
gatta patatta
gay
gazi
gazie
gazielam
GBG
geboorteafrigter
gebrokehartsindroom
gebruikstekenmunt
gechill
gedenktuin
gedenktuiste
gedoente
gedragsbank
gedragsekonomie
geelpers
geënkripteer
geenredigering
geesteswetenskappe
gefica
gehanna-hanna
geheueskuim
geheueskuimrubber
geheuespons
geheuestokkie