Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
gaslighting s.nw. [geen meervoud] (Engels, psigiatrie en psigoanalise) ◌ Ook (selde) gasbeligting ◌ vorm van sielkundige misbruik en manipulasie wat daarop gemik is om iemand aan sy of haar eie oordeel en gesonde verstand te laat twyfel, soos deur vol te hou dat die persoon oor bepaalde dinge, gebeurtenisse, sake verkeerd is, dat die persoon hom of haar misgis, vergis, dat hulle bepaalde dinge vergeet, belangrike dinge nie onthou nie, en so meer, totdat die slagoffer uiteindelik werklik glo dat sy of haar werklikheid nie met die ware werklikheid ooreenstem nie: › Gaslighting is ’n soort belediging wanneer jy iemand se verstandelike helderheid sonder goeie gronde betwyfel
(Rapport, 2 Julie 2023). › Gaslighting is as jy iemand laat voel asof hulle besig is om kêns te raak. Jy stel vir hulle ’n strik en dan dink hulle daar is fout met hulle (Herman Lategan, Hoerkind, 2022). › [Die universiteitsbestuur] probeer wegkom deur daarop te wys dat daar geen klagtes is nie. Hul verdere poging om te impliseer dat die klaers hulself misgis, is ’n klinkklare geval van wat as “gaslighting” bekend staan: Die bestuur impliseer dat die klaers probleme sien wat daar nie is nie, selfs al is daar sterk prima facie-getuienis om ’n ondersoek te gelas (Frederik R. van Dyk, Netwerk24, 9 Maart 2021). › Die term gaslighting word gebruik as iemand emosioneel gemanipuleer word om hul eie geestesgesondheid te bevraagteken (Huisgenoot, 21 Februarie 2020). › Gaslighting: Laat iemand twyfel aan hul eie geestesgesondheid deur die verspreiding van ’n leuen (Barend du Plessis, Rapport, 5 April 2020). › Narsiste is bekend vir die emosionele vorm van geweld genaamd gaslighting. Hierdie taktiek is wat die meeste skade gedoen het in my lewe, soveel so dat ek nie vertroue gehad het in my eie vermoë om besluite te neem of selfs my eie geheue van gebeure nie (Sarie, 25 Februarie 2020).
oorsprong:
Na die stelselmatige, kwaadwillige kognitiewe verstrooiing van die slagoffer deur haar eggenoot in die Amerikaanse rolprent met dié titel, 1944, gebaseer op 'n toneelstuk, Angel Street, deur Patrick Hamilton, 1938.
KYK OOK: gaslight
fotonseil
fragmentarium
Frans
frasenaam
FSA
FTTH
fuifkyk
fynstof
G&T
gaajat
gaapfees
Gaia
galg
gammavariant
gamr
Ganesha
ganja
gapingsdekking
GAR
garagepaai
Gariepafrikaans
gasbeligting
gaslight
gaslighting
gasskrywer
gat
gatomswaai
gatsby
gatta patatta
gay
gazi
gazie
gazielam
GBG
geboorteafrigter
gebrokehartsindroom
gebruikstekenmunt
gechill
gedenktuin
gedenktuiste
gedoente
gedragsbank
gedragsekonomie
geelpers
geënkripteer
geenredigering
geesteswetenskappe