Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 20 Junie 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Soek in:

fopnuus s.nw. [enkelvoud en meervoud] storie, veral aanlyn gepubliseer en versprei, wat soos ’n geloofwaardige joernalistieke verslag lyk, maar wat in werklikheid onwaar en gefabriseer is om die leser of kyker te mislei: Mense is bekommerd oor die toename in databedrog en kuberaanvalle, fopnuus en identiteitsdiefstal, en die aanwending van kunsmatige intelligensie om verdere kuberaanvalle te loods, onder meer op noodsaaklike infrastruktuur (Anthoni van Nieuwkerk, Vrye Weekblad, 20 Maart 2020). Dit is ’n leuen. Dit is fopnuus. Dit is ’n valsheid wat oor en oor en oor herhaal word deur sommige mense in die hoop dat iemand êrens gaan dink daar moet iets daaraan wees (Pravin Gordhan, aangehaal deur Max du Preez, Vrye Weekblad, 12 Julie 2019). fopnuus versprei om ’n bepaalde ideologie te ondersteun Politici het Facebook en Google se grootkoppe gevra om fopnuus oor die veiligheid van inenting te bekamp (Landi Slatter, Rapport, 24 Februarie 2019). Fopnuus gee voor om ware feite te wees, maar kan enigiets van satire (wat ernstig opgeneem word) tot propaganda wees. Die onus is op die verbruiker om te onderskei of dit veronderstel is om satire te wees en of dit bewustelik mislei (Lizette Rabe, Netwerk24, 29 November 2016).
SINONIEM(E): slenternuus | misinformasie
ENGELS: fake news

KYK OOK: bogberig, trolfabriek, trolplaas


samestelling(s):
fopnuusberig: As jy ’n boodskap of onbevestigde sosialemediaboodskap ontvang wat jou kwaad of bang laat voel, is dit heel waarskynlik ontwerp om dit te doen. ’n Fopnuusberig wat net genoeg regte inligting bevat om jou te laat wonder of dit die waarheid is. Almal word uitgevang deur vals nuus (Werner Wippenaar, Netwerk24, 18 Februarie 2021).
fopnuusdiens
fopnuuspropaganda
fopnuusveldtog: Die Bell Pottinger-sage is nog vars in die geheue, toe ’n fopnuusveldtog deur die Guptas op sosiale media gebruik is om die narratief van ‘wit-monopolie-kapitaal’  in te span om aandag af te lei van staatskaping (Herman Wasserman, Vrye Weekblad, 19 April 2019).
fopnuuswerf


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word dit in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Jy kan ook met spesiale karakters soek. Kyk hier onder.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Artikels, rubrieke en ander bydraes van 2025

Bolmakiesie van woke (LitNet)

Apeneutjies en katjiebotter vir die slimjanne (Netwerk24)

Gril jy jou ook dood vir ’n klamhandjie? (Netwerk24)

Sal jy die toets kan slaag om te wys jy is mens? (Netwerk24)

Alle konings is kêrels, maar nie alle kêrels konings nie (Netwerk24)

Dalk is die pyn in jou hande whatsappitis (Netwerk24)

As jy meer van jou hond hou as van mense (Netwerk24)

Verwaand is nou verwant aan waansin (Netwerk24)

Japie my skapie moet dalk liefs ’n kraak maak (Netwerk24)

Weet jy wat is die agtste ‘bot’ se betekenis? (Netwerk24)

Taalgoggas wat baie laat struikel (Netwerk24)

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther