Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
=fokken= woorddeel [tussen dele van ’n samestelling of afleiding ingevoeg] (kragwoord)
1 gebruik om afkeer, ongeduld, ontevredenheid, minagting, en so meer, te kenne te gee of dit te versterk: › Stapelfokkengek (Jean Oosthuizen, Facebook, 1 November 2019). › Skatfokkenryk ou man (André P. Brink, Die kreef raak gewoond daaraan). › Ja, en nou verfokkenwag hulle ek moet dit vir jou gee (Kerneels Breytenbach, Glimlag). › Dis net die mieliefokkenlande en die koringfokkenlande en af en toe ’n streep bloekombome en dan die … modderfokkenhutte langs die spoor (George Weideman, Die donker melk van daeraad).
2 gebruik om te beklemtoon of (soms teësinnig) bewondering uit te druk: › Op die plek, net daar, hulle het my later vertel, morsfokkendood (George Weideman, Die donker melk van daeraad). › “Ek het skoon vergeet van Adriaan en Mila! Dans hulle nog een stryk deur van ons hier aangekom het?” “Een stryk deur. Onuitfokkenputlik” (Marita van der Vyver, Wegkomkans). › Maar die Ystervrou bly die Ystervrou. Onverfokkenbiddelik. Tot die einde toe (Marita van der Vyver, Wegkomkans). › in die hel, of waar ook al, is dit al die tyd pikstikfokkendonker (Marita van der Vyver, Wegkomkans).
feitkontroleerder
fibrodisplasie
FICA
fietna
fietsambulans
finaliseer
FIS
fitosanitêr
flavivirus
fleksitariër
fleksitaries
fleksitarisme
flelik
flentergat-
flet
fletse
FLF
flip
flippit
flok
fluisterdraf
fluisternetwerk
fok
fokken
fokkoliseer
fokoliseer
fokop
FOMO
fomolis
fong kong-
fontein
foonskeidingsangs
FOP
fopnuus
fopslaai
fopspeenwoord
fopware
forensiese linguistiek
fotobom
fotonseil
fragmentarium
Frans
frasenaam
FSA
FTTH
fuifkyk
fynstof