Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
fitosanitêr b.nw. | fitosanitêre | van of wat betref die gesondheid van plante, veral met betrekking tot die vereistes wat vir landbou, internasionale handel en die uitvoer van plante, plantaardige produkte en plantaardige materiaal gestel word: › Die jongste kwessie is die strenger reëls teen valskodlingmot. Volgens Didiza volg Suid-Afrika dieselfde fitosanitêre reëls wat Israel, ’n vooraanstaande sitrusuitvoerder, vir sitrus gebruik. Tog het die EU [...] eensydig die reëls vir Suid-Afrika verskerp (Francois Williams, Netwerk24, 2 Mei 2023). › Lande handhaaf fitosanitêre maatreëls en regulasies, soos kwarantyn, inspeksies en sertifisering, om die bewaring van plantgesondheid te bevorder en te probeer verhinder dat skadelike organismes, plantsiektes en plae na nuwe gebiede oorgedra word, waar dit ekosisteme kan ontwrig.
oorsprong:
van fito- plant(e)- + sanitêr gesondheid.
EVDS
e-voertuig
expat
exposé
fadjer
Fafbroekie
fait accompli
faloeda
falooda
Falun Dafa
Falun Gong
famo
fard
farmaboerdery
farmaplant
fediversum
feesflerrie
fibrodisplasie
FICA
fietna
fietsambulans
finaliseer
FIS
fitosanitêr
flavivirus
fleksitariër
fleksitaries
fleksitarisme
flelik
flentergat-
flet
fletse
FLF
flip
flippit
flok
fluisterdraf
fluisternetwerk
fok
fokken
fokkoliseer
fokoliseer
fokop
FOMO
fomolista
fong kong-
fontein