Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
e-SIM s.nw. | e-SIM’s | Ook e-simkaart
digitale weergawe van ’n SIM-kaart: › Dit werk nés ’n SIM-kaart en is by sommige toestelle ingebou. As die toestel die funksie het, kan daardie e-SIM geprogrammeer word met al jou inligting, jou bestaande selfoonnommer en selfs ’n nuwe een (Werner Wippenaar, Netwerk24, 28 Augustus 2023). › Voorafbetaalde kliënte kan veelvuldige e-SIM's op hul slimfone hê, wat moeitelose oorskakeling tussen hul selfoonnommers moontlik maak (Werner Wippenaar, Netwerk24, 28 Augustus 2023). › Tegnies sal daar steeds net plek wees vir een fisieke simkaart, maar met die bykomende funksionaliteit van ’n sogenaamde e-simkaart (Petrus Malherbe, Netwerk24, 14 September 2018).
◌ ENGELS: e-SIM
samestelling(s):
e-SIM-funksie
e-neus
engel
engelruitertjie
enkelgebruik=
enkripsie
enkripteer
entjie
entomofaag
entomofagie
entstofpaspoort
entstofweieraar
episentrum
ERA
eraïsme
Erasa
erfenisgroente
Erfenismaand
erfenissaad
erfgroente
erfsaad
ervaringstoeris
ervaringstoerisme
ervaringstuin
e-SIM
e-sport
essie
Eswatini
ethereum
etiket
etnonasionalis
etnonasionalisme
etnonasionalisties
ettig
Europese Ruimteagentskap
EVDS
e-voertuig
expat
exposé
extraordinaire
fadjer
Fafbroekie
fait accompli
faloeda
falooda
Falun Dafa
Falun Gong
famo