Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
fediversum s.nw. [soms verkort tot die Fedi] [geen meervoud, ook met ’n hoofletter] (internet) versameling sosiale netwerke, webwerwe, blogs, mikroblogs, lêers en dergelike wat gehuisves word op verskillende bedieners op verskillende plekke in die wêreld, maar wat onderling gekoppel (= gefedereer) is, en waartoe gebruikers van sosiale media toegang kry deur te registreer en ’n gebruikersprofiel te skep op enige van verskillende platforms, soos Mastodon (soortgelyk aan Twitter), PeerTube (soortgelyk aan YouTube) en dergelike, wat aan die hele netwerk verbind is: › Jy kan enige bediener en enige platform kies en het net een rekening op een bediener en platform nodig om mense in al die uithoeke van die fediversum te kan volg en met hulle te kan kommunikeer. › Niemand kan die fediversum koop nie, want daar is geen enkele ding wat gekoop kan word nie. Die Fedi bestaan uit duisende bedieners wat onafhanklik besit en bestuur word (Fedi.tips). ◌ SINONIEM(E): federatiewe internet | fediheelal ◌ ENGELS: fediverse
oorsprong:
Samevoeging van federasie + universum
samestelling(s):
Fedi(-)bediener
Eswatini
ethereum
etiket
etnonasionalis
etnonasionalisme
etnonasionalisties
ettig
Europese Ruimteagentskap
EVDS
e-voertuig
expat
exposé
fadjer
Fafbroekie
fait accompli
faloeda
falooda
Falun Dafa
Falun Gong
famo
fard
farmaboerdery
farmaplant
fediversum
feesflerrie
fibrodisplasie
FICA
fietna
fietsambulans
finaliseer
FIS
fitosanitêr
flavivirus
fleksitariër
fleksitaries
fleksitarisme
flelik
flentergat-
flet
fletse
FLF
flip
flippit
flok
fluisterdraf
fluisternetwerk
fok