Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
Fafbroekie s.nw. | Fafbroekies | [verkleinwoord] (skertsend) swembroek(ie) met die kleure van die Suid-Afrikaanse vlag, soos deur die Springbokskrumskakel Faf de Klerk gedra: › Vir ’n jong lat wat gek is na Faf de Klerk is daar sekerlik geen groter vreugde as wanneer jou blondekop-rugbyheld eers jou Faf-onderbroekie teken en jou dan ’n stywe druk gee nie. Dié oomblik van Suid-Afrikaanse kameraadskap was selfs nog groter vir Nathan (11) toe De Klerk sommer sy pepermentgroen broek effens afskuif en sy bekende Faf-vlagonderbroekie aan Nathan wys (Susan Cillier, Netwerk24, 13 September 2023). › Jy wed nie 1 000 bokke teen ’n vrou wat ’n game lees soos jy boeke nie en in haar Faf-pêntie staande kan bly met die odds opgestapel teen haar (Annastasia de Vries, Vrye Weekblad, 3 November 2023).
◌ SINONIEM(E): Fafonderbroek | (informeel) Fafpêntie | vlagonderbroek | Springbroekie
Erfenismaand
erfenissaad
erfgroente
erfsaad
ervaringstoeris
ervaringstoerisme
ervaringstuin
e-SIM
e-sport
essie
Eswatini
ethereum
etiket
etnonasionalis
etnonasionalisme
etnonasionalisties
ettig
Europese Ruimteagentskap
EVDS
e-voertuig
expat
exposé
fadjer
Fafbroekie
fait accompli
faloeda
falooda
Falun Dafa
Falun Gong
famo
fard
farmaboerdery
farmaplant
fediversum
feesflerrie
feitekontrolering
feitkontroleerder
fibrodisplasie
FICA
fietna
fietsambulans
finaliseer
FIS
fitosanitêr
flavivirus
fleksitariër
fleksitaries