Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
fleksitariër s.nw. | fleksitariërs | persoon wat slegs af en toe vleis en ander produkte van diere eet, maar (anders as vegetariërs en veganiste) diereprodukte nie heeltemal vermy nie: › As ek iewers inval, is ek seker ’n fleksitariër. Ek eet meestal plante en beskou diereprodukte eerder as garnering – ’n strooisel parmesaankaas, regte plaasbotter en ’n hand vol van my pa se spesiaal gemaakte biltong (Aletta Lintvelt, Vrye Weekblad, 19 Julie 2019). › Fleksitariërs … eet groente en vrugte maar sal soms vis, hoender en selfs vleis eet. Vir hulle is insekte ook aanvaarbaar. As jy Vrydae en/of Maandae vleisloos bly, is jy self ’n fleksitariër (Salomé Delport, rooi rose, 3 Augustus 2018).
◌ ENGELS: flexitarian
oorsprong:
Uit fleksibel buigsaam + vegetariër.
KYK OOK: fleksitaries, fleksitarisme
fadjer
Fafbroekie
fait accompli
faloeda
falooda
Falun Dafa
Falun Gong
famo
fard
farmaboerdery
farmaplant
fediversum
feesflerrie
feitekontrolering
feitkontroleerder
fibrodisplasie
FICA
fietna
fietsambulans
finaliseer
FIS
fitosanitêr
flavivirus
fleksitariër
fleksitaries
fleksitarisme
flelik
flentergat-
flet
fletse
FLF
flip
flippit
flok
fluisterdraf
fluisternetwerk
fok
fokken
fokkoliseer
fokoliseer
fokop
FOMO
fomolis
fong kong-
fontein
foonskeidingsangs
FOP