Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
FOMO akr. [Engelse verkorting van fear of missing out] (Engels, informeel) ◌ Ook [met kleinletters] fomo ◌ vrees dat jy iets (goeds of moois of interessants of belangriks) gaan misloop: › My huis in Melville is 30 km van hier, te ver om twee keer per dag te ry, maar in alle eerlikheid is dit eintlik die vrees dat ek iets gaan mis (Fomo) wat my hier op die uitslagsentrum se terrein hou (Piet Croucamp, Vrye Weekblad, 31 Mei 2024). › Ek het destyds al aan fomo (fear of missing out, oftewel die vrees om iets mis te loop) gely, of dan eerder aan pomo: die pyn van iets mis te loop (Madeleine Barnard, Vrye Weekblad, 28 Januarie 2022). › Een van die ergste vrese waaraan ek en my vriende ons dikwels “skuldig maak”, is fomo, oftewel fear of missing out. Is dit dalk ’n diagnoseerbare toestand? (Mercy Kannemeyer, Skrop). › My dogters kyk my uitdrukkingloos en sonder ’n sweempie FOMO aan wanneer ek idiome inspan (Deborah Steinmair, Vrye Weekblad, 16 Augustus 2019). › Ek het verskriklike FOMO. Daardie nuuskierigheid en belangstelling is deel van die rede hoekom ek so geseënd is in my loopbaan! (Herman Lensing, Vrye Weekblad, 11 Oktober 2019). › Hy vertel egter ook dat C. bietjie fomo ervaar omdat hy saam met die span aan die fietsren, wat die afgelope Saterdag plaasgevind het, sou deelneem (Carina Roux, Die Burger, 29 November 2017). › Gesels jy met die 19-jarige, kom jy agter hy’s beslis deel van Generasie Y. Hy wil kitsbevrediging hê en hy sal tegnologie gebruik om dit te kry. Hy kry fomo soos die tiengs deurkom van die Krugerwildtuin en Pilanesberg: leeu buite Skukuza; ’n olifanttrop by Pretoriuskop; ’n luiperd ’n entjie van Onder-Sabie (Rapport, 11 April 2016). ◌ ENGELS: FOMO
› Fomo sapiens (skertsend) Mense wat bang is dat hulle iets gaan misloop: › Van kombuisvondste en moet-sien-flieks tot ’n opvoubare sauna. Al die dinge op die Fomo sapiens-radar hierdie week waarvan jy wil weet (Vrye Weekblad, 5 Januarie 2025).
KYK OOK: fomolista
fietsambulans
finaliseer
FIS
fitosanitêr
flavivirus
fleksitariër
fleksitaries
fleksitarisme
flelik
flentergat-
flet
fletse
FLF
flip
flippit
flok
fluisterdraf
fluisternetwerk
fok
fokken
fokkoliseer
fokoliseer
fokop
FOMO
fomolista
fong kong-
fontein
foonskeidingsangs
FOP
fopnuus
fopslaai
fopspeenwoord
fopware
forensiese linguistiek
fotobom
fotonseil
fragmentarium
Frans
frasenaam
FSA
FTTH
fuifkyk
fynstof
G&T
gaajat
gaapfees
Gaia