Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 23 Januarie 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Getal trefwoorde vandag: 3 312 (woordeboek) | 222 (rubrieke)

Soek in:

FOMO akr. [Engelse verkorting van fear of missing out] (Engels, informeel)Ook [met kleinletters] fomo vrees dat jy iets (goeds of moois of interessants of belangriks) gaan misloop: My huis in Melville is 30 km van hier, te ver om twee keer per dag te ry, maar in alle eerlikheid is dit eintlik die vrees dat ek iets gaan mis (Fomo) wat my hier op die uitslagsentrum se terrein hou (Piet Croucamp, Vrye Weekblad, 31 Mei 2024). Ek het destyds al aan fomo (fear of missing out, oftewel die vrees om iets mis te loop) gely, of dan eerder aan pomo: die pyn van iets mis te loop (Madeleine Barnard, Vrye Weekblad, 28 Januarie 2022). Een van die ergste vrese waaraan ek en my vriende ons dikwels “skuldig maak”, is fomo, oftewel fear of missing out. Is dit dalk ’n diagnoseerbare toestand? (Mercy Kannemeyer, Skrop). My dogters kyk my uitdrukkingloos en sonder ’n sweempie FOMO aan wanneer ek idiome inspan (Deborah Steinmair, Vrye Weekblad, 16 Augustus 2019). Ek het verskriklike FOMO. Daardie nuuskierigheid en belangstelling is deel van die rede hoekom ek so geseënd is in my loopbaan! (Herman Lensing, Vrye Weekblad, 11 Oktober 2019). Hy vertel egter ook dat C. bietjie fomo ervaar omdat hy saam met die span aan die fietsren, wat die afgelope Saterdag plaasgevind het, sou deelneem (Carina Roux, Die Burger, 29 November 2017). Gesels jy met die 19-jarige, kom jy agter hy’s beslis deel van Generasie Y. Hy wil kitsbevrediging hê en hy sal tegnologie gebruik om dit te kry. Hy kry fomo soos die tiengs deurkom van die Krugerwildtuin en Pilanesberg: leeu buite Skukuza; ’n olifanttrop by Pretoriuskop; ’n luiperd ’n entjie van Onder-Sabie (Rapport, 11 April 2016).ENGELS: FOMO

Fomo sapiens (skertsend) Mense wat bang is dat hulle iets gaan misloop: Van kombuisvondste en moet-sien-flieks tot ’n opvoubare sauna. Al die dinge op die Fomo sapiens-radar hierdie week waarvan jy wil weet (Vrye Weekblad, 5 Januarie 2025).


KYK OOK: fomolis


Let wel
Kies in watter bron(ne) jy wil soek. As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word voorbeelde van die woord in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Kyk hier onder hoe jy ook met behulp van spesiale karakters kan soek.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Artikels, rubrieke en podsendings van 2025

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther