Bygewerk op 4 September 2021
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordwisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Oktober 2019 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

hutsmerk s.nw. | hutsmerke | [soms verkort tot: huts] (sosiale media) Ook hutsmerker, hutsteken die skryfteken #, in die sosiale media gebruik voor sleutelwoorde wat met ’n bepaalde onderwerp verband hou om met behulp van dié hutsetiket ander plasings oor dieselfde onderwerp maklik te kan vind: Onder die hutsmerk #HolaMatamela het Ramaphosa Maandagaand ’n regstreekse gesprek op Twitter gehad waarin hy vrae van gewone mense beantwoord het (Philda Essop, Netwerk24, 16 April 2019). In ’n uitspraak wat hy … gelewer het oor ’n klag deur ’n verbruiker, sê die ARB nou dat bekendes hutsmerke móét gebruik om aan te dui of hulle betaal word om [’n produk of diens] te bemark (Elvira Wood, Netwerk24, 5 Julie 2019). Die maklikste manier om Twitter te navigeer is om hutsmerke soos padtekens te gebruik. As jy op ’n hutsmerk soos byvoorbeeld #skommel klik, verskyn ’n string tweets van mense wat in Afrikaans met die manlike geslagsdeel spog (André-Pierre du Plessis, Vrye Weekblad, 22 Mei 2020). | ENGELS: hash | hash symbol

 Nuut: Red ons van Plastiekengels (rubriek) | Son en skaduwee (rubriek)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2021 Jana Luther