Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
gapingsdekking [geen meervoud] tipe versekering wat die verskil dek tussen wat ’n versekeringspolis, bv. ’n gesondheidsversekeringspolis, uitbetaal en die werklike koste van uitgawes, bv. mediese uitgawes: › Aangesien die dokters, chirurge en narkotiseur “buite die netwerk” is en ek nie gapingsdekking het nie, is ek nou met omtrent R105 000 in die rooi (Ismail Lagardien, Vrye Weekblad, 31 Mei 2024). › Gapings kan ontstaan weens hoë bybetalings, mediese kostes wat die dekkinglimiet van ’n polis oorskry, of dienste wat nie deur die gesondheidsversekering gedek word nie. Mediese gapingsdekking help om hierdie finansiële gapings te vul sodat die versekerde persoon nie uit sy of haar eie sak groot bedrae vir nodige mediese sorg hoef te betaal nie. ◌ ENGELS: gap cover
fopnuus
fopslaai
fopspeenwoord
fopware
forensiese linguistiek
fotobom
fotonseil
fragmentarium
Frans
frasenaam
FSA
FTTH
fuifkyk
fynstof
G&T
gaajat
gaapfees
Gaia
galg
gammavariant
gamr
Ganesha
ganja
gapingsdekking
GAR
garagepaai
Gariepafrikaans
gasbeligting
gaslight
gaslighting
gasskrywer
gat
gatomswaai
gatsby
gatta patatta
gay
gazi
gazie
gazielam
GBG
geboorteafrigter
gebrokehartsindroom
gebruikstekenmunt
gechill
gedenktuin
gedenktuiste
gedoente