Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
fopnuus s.nw. [enkelvoud en meervoud] storie, veral aanlyn gepubliseer en versprei, wat soos ’n geloofwaardige joernalistieke verslag lyk, maar wat in werklikheid onwaar en gefabriseer is om die leser of kyker te mislei: › Mense is bekommerd oor die toename in databedrog en kuberaanvalle, fopnuus en identiteitsdiefstal, en die aanwending van kunsmatige intelligensie om verdere kuberaanvalle te loods, onder meer op noodsaaklike infrastruktuur (Anthoni van Nieuwkerk, Vrye Weekblad, 20 Maart 2020). › Dit is ’n leuen. Dit is fopnuus. Dit is ’n valsheid wat oor en oor en oor herhaal word deur sommige mense in die hoop dat iemand êrens gaan dink daar moet iets daaraan wees (Pravin Gordhan, aangehaal deur Max du Preez, Vrye Weekblad, 12 Julie 2019). › fopnuus versprei om ’n bepaalde ideologie te ondersteun › Politici het Facebook en Google se grootkoppe gevra om fopnuus oor die veiligheid van inenting te bekamp (Landi Slatter, Rapport, 24 Februarie 2019). › Fopnuus gee voor om ware feite te wees, maar kan enigiets van satire (wat ernstig opgeneem word) tot propaganda wees. Die onus is op die verbruiker om te onderskei of dit veronderstel is om satire te wees en of dit bewustelik mislei (Lizette Rabe, Netwerk24, 29 November 2016). ◌ SINONIEM(E): slenternuus | misinformasie ◌ ENGELS: fake news
KYK OOK: bogberig, trolfabriek, trolplaas
samestelling(s):
fopnuusberig: › As jy ’n boodskap of onbevestigde sosialemediaboodskap ontvang wat jou kwaad of bang laat voel, is dit heel waarskynlik ontwerp om dit te doen. ’n Fopnuusberig wat net genoeg regte inligting bevat om jou te laat wonder of dit die waarheid is. Almal word uitgevang deur vals nuus (Werner Wippenaar, Netwerk24, 18 Februarie 2021).
fopnuusdiens
fopnuuspropaganda
fopnuusveldtog: › Die Bell Pottinger-sage is nog vars in die geheue, toe ’n fopnuusveldtog deur die Guptas op sosiale media gebruik is om die narratief van ‘wit-monopolie-kapitaal’ in te span om aandag af te lei van staatskaping (Herman Wasserman, Vrye Weekblad, 19 April 2019).
fopnuuswerf
fleksitaries
fleksitarisme
flelik
flentergat-
flet
fletse
FLF
flip
flippit
flok
fluisterdraf
fluisternetwerk
fok
fokken
fokkoliseer
fokoliseer
fokop
FOMO
fomolis
fong kong-
fontein
foonskeidingsangs
FOP
fopnuus
fopslaai
fopspeenwoord
fopware
forensiese linguistiek
fotobom
fotonseil
fragmentarium
Frans
frasenaam
FSA
FTTH
fuifkyk
fynstof
G&T
gaajat
gaapfees
Gaia
galg
gammavariant
gamr
Ganesha
ganja
gapingsdekking