Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
gaslight ww. | het gegaslight | (Engels, psigiatrie en psigoanalise, informeel) ('n slagoffer) sielkundig misbruik en manipuleer met die doel om hom/haar tot dié mate te verstrooi dat hy/sy uiteindelik nie meer sy/haar eie oordeel en gesonde verstand vertrou nie: › Die ANC volhard om swart mense te gaslight met kamtig progressiewe wetgewing wat dié mense slegter daaraan toe agterlaat, maar dan vir hulle kom vertel hoe dankbaar hulle moet wees, sê K (Rapport, 2 Julie 2023). › Hy het die knip aspris opgesit, omdat hy my probeer gaslight het (Herman Lategan, Hoerkind, 2022). › So wonder ons ook of ons deur sosiale media gegaslight word (AJ Opperman, Netwerk24, 1 Julie 2018).
KYK OOK: gaslighting
fotobom
fotonseil
fragmentarium
Frans
frasenaam
FSA
FTTH
fuifkyk
fynstof
G&T
gaajat
gaapfees
Gaia
galg
gammavariant
gamr
Ganesha
ganja
gapingsdekking
GAR
garagepaai
Gariepafrikaans
gasbeligting
gaslight
gaslighting
gasskrywer
gat
gatomswaai
gatsby
gatta patatta
gay
gazi
gazie
gazielam
GBG
geboorteafrigter
gebrokehartsindroom
gebruikstekenmunt
gechill
gedenktuin
gedenktuiste
gedoente
gedragsbank
gedragsekonomie
geelpers
geënkripteer
geenredigering