Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 23 Januarie 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Getal trefwoorde vandag: 3 312 (woordeboek) | 222 (rubrieke)

Soek in:

essie s.nw. | essies | (kookkuns) soort, gewoonlik tweekleurige soetkoekie, dikwels in die vorm van die letter s: Buiten samoesas en kerrieballetjies, wat almal eerste probeer gryp het (daar was gewoonlik net drie of vier op die bure se bord), was essies my gunsteling – dis ’n heerlike soetkoekie (soms S-vormig) – asook karamonk-koekies of koesisters, gemaak met speserye, nartjieskil en besprinkel met klapper (Ismail Lagardien, Vrye Weekblad, 16 April 2021). Ek was altyd so bly wanneer ons essies in ruil vir ons bordjie gekry het. My familie het diep wortels in Die Baai waar hierdie koekies glo vandaan kom. Of dis waar jy waarskynlik die bestes sal kry. Wat hierdie koekies so lekker maak, is dat dit onder meer fyn gemmer, naeltjies, kaneel en neutmuskaat bevat. Essies is gewoonlik tweekleurig. Die een helfte daarvan is tipies donkerbeige, en die ander helfte word met rooibolus dieprooi gekleur (Ismail Lagardien, Vrye Weekblad, 16 April 2021).

Let wel
Kies in watter bron(ne) jy wil soek. As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word voorbeelde van die woord in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Kyk hier onder hoe jy ook met behulp van spesiale karakters kan soek.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Artikels, rubrieke en podsendings van 2025

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther