Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
episentrum s.nw. | episentrums, episentra |
1 (figuurlik) plek waar iets belangriks gebeur, of waar belangrike besluite geneem word: › Baie van die huidige gevalle [van a-pokke] kan teruggespeur word na [...] feeste in Europa, wat nou as die nuwe episentrum van die virus beskou word (Willemien Brümmer, Netwerk24, 8 Junie 2022). › Arendse sê Hardekraaltjie is die episentrum van bruin mense se geskiedenis in Kaapstad se noordelike voorstede (Netwerk24, 23 Maart 2022). › As ons aansoek slaag, sal die historiese regstreekse diens reisopsies vir reisigers aansienlik verbeter, betrekkinge tussen ons lande se wetgewende en diplomatieke episentrums versterk en tot voordeel wees van florerende reis- en toerismebedrywe wat ons onderskeie lande bedien (Liana Mocke, Netwerk24, 19 Mei 2022).
2 (geologie) oorsprong van ’n aardbewing.
◌ ENGELS: epicentre
ekstrusie
ektoterm
elaichi
elektronies
elmbooggroet
elmbooghoes
elmboogkug
elmboogmacaroni
elmboognies
emmerskoplys
empatitis
energiejel
e-neus
engel
engelruitertjie
enkelgebruik=
enkripsie
enkripteer
entjie
entomofaag
entomofagie
entstofpaspoort
entstofweieraar
episentrum
ERA
eraïsme
Erasa
erfenisgroente
Erfenismaand
erfenissaad
erfgroente
erfsaad
ervaringstoeris
ervaringstoerisme
ervaringstuin
e-SIM
e-sport
essie
Eswatini
ethereum
etiket
etnonasionalis
etnonasionalisme
etnonasionalisties
ettig
Europese Ruimteagentskap
EVDS