Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 29 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
elaichi s.nw. (Indies, kookkuns) Ook badi elaichi of kali elaichi
donkerbruin tot swart kardemompeule met ’n rookagtige smaak weens die manier waarop dit gedroog word: › Van poppadoms tot garam masala, van roti’s tot gemmerroomys; name wat skielik sing: methi en dhania, karamonk of elaichi en … o ja, die bekende geel borrie! (Nettie Pikeur, Vrye Weekblad, 13 November 2020). › Kardamom (elaichi) word die koningin van speserye genoem en is een van Indië se gewildste speserye. Die droë saadpeule – asook die gemaalde saad – word as geurmiddel vir soet- en soutgeregte gebruik (Landbouweekblad, 20 Junie 2003).
◌ SINONIEM(E): swart kardemom
samestelling(s):
elaichipeul
elaichitee
e-gesondheid
EHHP
Eid
Eid-oel-Fiter
einarooi
eisbein
ejiao
ekfrakties
ekfrase
eko-aktivis
ekobaksteen
ekomoord
ekonomie
ekoprotes
ekosteen
ekostryder
ekoverset
ekovrees
ekspat
ekstraordinêr
ekstrueer
ekstrusie
ektoterm
elaichi
elektronies
elmbooggroet
elmbooghoes
elmboogkug
elmboogmacaroni
elmboognies
emmerskoplys
empatitis
energiejel
e-neus
engel
engelruitertjie
enkelgebruik=
enkripsie
enkripteer
entjie
entomofaag
entomofagie
entstofpaspoort
entstofweieraar
episentrum
ERA
eraïsme