Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
ekomoord s.nw. | ekomoorde | [gewoonlik enkelvoud] ernstige wandaad teenoor die natuur: › Ekomoord is nie opgeteken in die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal(HAT) nie en word ook nie gereeld in die omgangstaal gebruik nie. Of dié woord ooit ’n vastrapplek in die volksmond sal kry, sal net die tyd leer [...] Dink maar hoe die uitwissing van woude in die Amasone en die Demokratiese Republiek van die Kongo, asook oopgroefsteenkoolmyne en die verbranding van fossielbrandstowwe tot die klimaatkrisis bydra (Elise Tempelhoff, Netwerk24, 29 Junie 2021). › Ná die VSA se gebruik van Agent Orange in die Viëtnamese Oorlog om woude te vernietig en só die Viëtnamese hul natuurlike dekmantel te ontneem, ontstaan daar ’n veldtog om vergrype teen die natuur ook as internasionale misdaad te erken. Die VN erken in 1977 die term “ecocide” (Grieks oikos “huis” + caedere). “Omgewings-” of “ekomoord” in Afrikaans (Fred Pheiffer, 24 Januarie 2020). ◌ SINONIEM(E): omgewingsmoord ◌ ENGELS: ecocide
EARS-CoV-2
e-beursie
EBieSA
edamame
eend
eenogigheid
eenooggod
eensaamheidsdood
een-tot-een-gesprek
eet
e-fiets
efundja
e-gesondheid
EHHP
Eid
Eid-oel-Fiter
einarooi
eisbein
ejiao
ekfrakties
ekfrase
eko-aktivis
ekobaksteen
ekomoord
ekonomie
ekoprotes
ekosteen
ekostryder
ekoverset
ekovrees
ekspat
ekstrueer
ekstrusie
ektoterm
elaichi
elektronies
elmbooggroet
elmbooghoes
elmboogkug
elmboogmacaroni
elmboognies
emmerskoplys
empatitis
energiejel
e-neus
engel
engelruitertjie