Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
elektronies b.nw. | elektroniese | [geen meervoud]
› elektroniese neus ◌ Ook e-neus ◌
1 elektroniese instrument wat basiese reuke van mekaar kan onderskei, en wat oor ’n patroonherkenningstelsel beskik wat dit in staat stel om van eenvoudige tot komplekse geure te ontleed.
2 (medies) apparaat wat die lug ontleed wat ’n pasiënt uitasem en op grond daarvan bepaalde siektes kan identifiseer: › Die elektroniese neus kan binne ’n minuut aan jou asem ruik of jy COVID-19 het. ◌ ENGELS: electronic nose | e-nose
› elektroniese afval ◌ Ook e-afval ◌ uitgediende, waardelose elektroniese toestelle en wat deur gebruikers weggegooi word: › Daar is verskeie afleweringspunte in Suid-Afrika waar jy van jou stukkende elektroniese toestelle ontslae kan raak. Dit is baie belangrik om seker te maak jy gooi dié toestelle nie net bloot in die asblik nie. Elektroniese afval bevat skadelike materiale soos onder meer lood, suur en kwik wat tot binne-in die grondwater kan lek as dit aan die elemente blootgestel word (Charlea Sieberhagen-Grey, Huisgenoot, 30 Januarie 2020).
› elektroniese sport → e-sport
e-gesondheid
EHHP
Eid
Eid-oel-Fiter
einarooi
eisbein
ejiao
ekfrakties
ekfrase
eko-aktivis
ekobaksteen
ekomoord
ekonomie
ekoprotes
ekosteen
ekostryder
ekoverset
ekovrees
ekspat
ekstrueer
ekstrusie
ektoterm
elaichi
elektronies
elmbooggroet
elmbooghoes
elmboogkug
elmboogmacaroni
elmboognies
emmerskoplys
empatitis
energiejel
e-neus
engel
engelruitertjie
enkelgebruik=
enkripsie
enkripteer
entjie
entomofaag
entomofagie
entstofpaspoort
entstofweieraar
episentrum
ERA
eraïsme
Erasa