Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
ekobaksteen s.nw. | ekobakstene | [ook met koppelteken]
Ook ekosteen
plastiekbottel met skoon, droë, niebioafbreekbare rommel gevul, as isoleerstene in bouwerk, vir die vervaardiging van meubels, en so meer gebruik: › ’n Ekosteen is ’n 2 ℓ-koeldrankbottel wat styfvol geprop is met plastiek- en tjipssakkies wat die hele wêreld vol rondlê. Die bottel word styf toegedraai sodat dit as ’n harde bousteen vir beddings of bankies of self huisies gebruik kan word (Leonette Smit, Karooblog, 15 Junie 2018). › Eko-bakstene is ’n briljante idee — jy neem ’n tweeliter-PET-bottel en stop alle (skoon) onherwinbare plastiek daarin. Op die ou end sit jy met ’n klomp “bakstene” waarmee daar gebou kan word. Bankies, stoele, selfs eenvoudige strukture. Verskeie gemeenskapsprojekte wêreldwyd bou met eko-bakstene (Madeleine Barnard, Vrye Weekblad, 28 Junie 2019).
◌ ENGELS: ecobrick
EARS
EARS-CoV-2
e-beursie
EBieSA
edamame
eend
eenogigheid
eenooggod
eensaamheidsdood
een-tot-een-gesprek
eet
e-fiets
efundja
e-gesondheid
EHHP
Eid
Eid-oel-Fiter
einarooi
eisbein
ejiao
ekfrakties
ekfrase
eko-aktivis
ekobaksteen
ekomoord
ekonomie
ekoprotes
ekosteen
ekostryder
ekoverset
ekovrees
ekspat
ekstrueer
ekstrusie
ektoterm
elaichi
elektronies
elmbooggroet
elmbooghoes
elmboogkug
elmboogmacaroni
elmboognies
emmerskoplys
empatitis
energiejel
e-neus
engel