Bygewerk op 2 Maart 2024

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Weekliks | Woordewisseling | Podsendings | Teksredaksie

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem deel aan ons leesprogram en help ons!

Getal trefwoorde vandag: 3 449

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

eisbein s.nw. | eisbeine | [ook met ’n hoofletter] (Duits, kookkuns) gereg van varkskenkel, dit is die gedeelte van 'n varkpoot tussen die knie- of elmbooggewrig en die wortelbeen van die voet, die gedeelte wat ooreenstem met die onderbeen of onderarm by mense, waarvan die vleis, sag en geurig, omring deur ’n dik laag vet, gesout/gepekel en lank gekook word totdat dit maklik van die been loskom: By dié koffiewinkel en restaurant kan jy binne aansit óf buite op die stoep onder die koelte van ’n wilde-vyeboom. Die opsies is wyd: ontbyt, burgers, sloppy Joe’s, slaaie, wraps, selfs eisbein (Mia Louw, Weg, 25 Mei 2020). 4 eisbeine (gerookte, gepekelde varkskenkels), kepies in die swoerd gesny (Huisgenoot, 23 September 2015). Vir die winter is ’n heerlike glas wyn van jou keuse saam met ’n goedverouderde, sagte biefstuksnit, of ’n keuse tussen die lamsnek, lamskenkel, varkribbetjie, eisbein, varkkotelet of hoendervlerkies net die regte medisyne (Burger, 5 Augustus 2005). Bo en behalwe die geilheid van haar lyf was daar die goeie Duitse wyn wat sy vir my aangedra het, tesame met die ekstra bord gebakte aartappels, ’n kombinasie van eend en Eisbein of varkvleis in netvet gebraai (een van haar ma se Hantam-resepte), Sauerkraut of Rotkohl, afgerond met kaaskoek en kersielikeur (George Weideman, Draaijakkals, 1999).ENGELS: Eisbein

oorsprong:
Duits Eis ys + Bein been, moontlik omdat skenkelbene eens vir die maak van ysskaatse gebruik is.


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word voorbeelde van die woord in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Rubrieke en podsendings van 2024

“Ek doen” (Netwerk24)

Afrikaans is ’n steentjie in die Afrikamosaïek (Netwerk24)

Luister mooi, stilbly is ook ’n antwoord (Netwerk24)

Die bouwerk wat ons help uitstyg (Netwerk24)

Dikdood of op ’n wilde perd die nuwe jaar in (Netwerk24)


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2024 Jana Luther