Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
eisbein s.nw. | eisbeine | [ook met ’n hoofletter] (Duits, kookkuns) gereg van varkskenkel, dit is die gedeelte van 'n varkpoot tussen die knie- of elmbooggewrig en die wortelbeen van die voet, die gedeelte wat ooreenstem met die onderbeen of onderarm by mense, waarvan die vleis, sag en geurig, omring deur ’n dik laag vet, gesout/gepekel en lank gekook word totdat dit maklik van die been loskom: › By dié koffiewinkel en restaurant kan jy binne aansit óf buite op die stoep onder die koelte van ’n wilde-vyeboom. Die opsies is wyd: ontbyt, burgers, sloppy Joe’s, slaaie, wraps, selfs eisbein (Mia Louw, Weg, 25 Mei 2020). › 4 eisbeine (gerookte, gepekelde varkskenkels), kepies in die swoerd gesny (Huisgenoot, 23 September 2015). › Vir die winter is ’n heerlike glas wyn van jou keuse saam met ’n goedverouderde, sagte biefstuksnit, of ’n keuse tussen die lamsnek, lamskenkel, varkribbetjie, eisbein, varkkotelet of hoendervlerkies net die regte medisyne (Burger, 5 Augustus 2005). › Bo en behalwe die geilheid van haar lyf was daar die goeie Duitse wyn wat sy vir my aangedra het, tesame met die ekstra bord gebakte aartappels, ’n kombinasie van eend en Eisbein of varkvleis in netvet gebraai (een van haar ma se Hantam-resepte), Sauerkraut of Rotkohl, afgerond met kaaskoek en kersielikeur (George Weideman, Draaijakkals, 1999). ◌ ENGELS: Eisbein
oorsprong:
Duits Eis ys + Bein been, moontlik omdat skenkelbene eens vir die maak van ysskaatse gebruik is.
dwergisme
dwergsjimpansee
dydelik
dzikr
e-afval
EARS
EARS-CoV-2
e-beursie
EBieSA
edamame
eend
eenogigheid
eenooggod
eensaamheidsdood
een-tot-een-gesprek
eet
e-fiets
efundja
e-gesondheid
EHHP
Eid
Eid-oel-Fiter
einarooi
eisbein
ejiao
ekfrakties
ekfrase
eko-aktivis
ekobaksteen
ekomoord
ekonomie
ekoprotes
ekosteen
ekostryder
ekoverset
ekovrees
ekspat
ekstrueer
ekstrusie
ektoterm
elaichi
elektronies
elmbooggroet
elmbooghoes
elmboogkug
elmboogmacaroni
elmboognies