Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
EARS-CoV-2 s.nw. [afkorting van ernstige akute respiratoriese sindroom-koronavirustipe 2] [geen meervoud] (patologie)
Ook ears-CoV-2 of (verkeerd met ’n hoofletter) Ears-CoV-2
naam van die virus wat covid-19 by mense veroorsaak: › Die virus wat die wêreld tans aan die praat het, se naam is: ernstige akute respiratoriese sindroom-koronavirus-tipe 2 (Ears-CoV-2). Die siekte wat dit veroorsaak is: Covid-19. Dit is nie die “die Covid-19-virus” nie. Dus, wanneer jy siek word, het jy Covid-19 onder lede (Elsabé Brits, Netwerk24, 7 Maart 2020). › Op 11 Februarie maak die Internasionale Komitee vir Virustaksonomie en die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) vir beide die virus en die siekte ’n amptelike naam bekend: “EARS- (SARS-)CoV-2” vir die virus, om die verband met “EARS-CoV”, wat in 2003 ’n soortgelyke “ernstige akute respiratoriese sindroom” (“EARS”) veroorsaak het, te beklemtoon, en “Covid-19” (“coronavirus disease 2019”) vir die siekte. Die naam “EARS-CoV-2/Covid-19” is dus soortgelyk aan “MIV/vigs”: Die eerste deel verwys na die virus; die tweede na die toestand. As jy Covid-19 het, is jy siek (Jana Luther, Beeld, 28 Februarie 2020).
◌ ENGELS: SARS-CoV-2
KYK OOK: covid-19, koronavirus
Drakie
drama queen
dreunlyf
dreuntuig
droogdruif
druppelbesmetting
druppeloordrag
dua
duik
duim
duiwel
duiwelasem
duiwelruitertjie
duiwelstert
dwaalbos
dwangkrag
dwarreldeeltjie
dwergisme
dwergsjimpansee
dydelik
dzikr
e-afval
EARS
EARS-CoV-2
e-beursie
EBieSA
edamame
eend
eenogigheid
eenooggod
eensaamheidsdood
een-tot-een-gesprek
eet
e-fiets
efundja
e-gesondheid
EHHP
Eid
Eid-oel-Fiter
einarooi
eisbein
ejiao
ekfrakties
ekfrase
eko-aktivis
ekobaksteen
ekomoord