Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
eenogigheid s.nw. [geen meervoud] (figuurlik) nou uitkyk; onvermoë om die volledige prentjie te sien: › Waarmee ons sit, is ’n [...] regerende party wat hom skaar by outokrasieë wat geen strategiese of ekonomiese voordeel vir ons inhou nie [...] As mens dit ontleed, kom dit neer op óf eenogigheid óf dat die regering heimlik wens hy kan Suid-Afrika met dieselfde ysterhand regeer as wat Rusland en China doen en wegdoen met die nonsens van demokrasie (Vrye Weekblad, 11 November 2022). › Die stryd oor die amptelike status van Afrikaans is deurspek met eenogigheid (Netwerk24, 5 Oktober 2021). › Hy [Breyten Breytenbach] is in verset teen alle vorme van magsuitoefening, stagnering, kleinburgerlikheid, benepenheid, eenogigheid en die onderdrukking van kreatiwiteit. Sy gemoeidheid met taal blyk enersyds uit sy afkeer van taal wat inperk en dogmaties word, en andersyds uit sy voorkeur vir taal wat geestesverruiming en kreatiwiteit bevorder – onderskeidelik “woorde wat vaspen” en “woorde wat oopmaak” (Ronel de Goede Foster, Willie Burger, Rapport, 8 Desember 2019).
◌ SINONIEM(E): tonnelvisie
◌ TEENOOR: breë uitkyk
◌ ENGELS: one-eyedness
druppelbesmetting
druppeloordrag
dua
duik
duim
duiwel
duiwelasem
duiwelruitertjie
duiwelstert
dwaalbos
dwangkrag
dwarreldeeltjie
dwergisme
dwergsjimpansee
dydelik
dzikr
e-afval
EARS
EARS-CoV-2
e-beursie
EBieSA
edamame
eend
eenogigheid
eenooggod
eensaamheidsdood
een-tot-een-gesprek
eet
e-fiets
efundja
e-gesondheid
EHHP
Eid
Eid-oel-Fiter
einarooi
eisbein
ejiao
ekfrakties
ekfrase
eko-aktivis
ekobaksteen
ekomoord
ekonomie
ekoprotes
ekosteen
ekostryder
ekoverset