Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 29 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
ejiao s.nw. [geen meervoud] (Chinees) gelatien verkry van donkievelle: › Donkiebevolkings in verskeie wêrelddele stort in duie weens die Chinese vraag na die gelatienagtige vloeistof wat net onder dié diere se vel voorkom. Dié vloeistof word as bestanddeel in tradisionele medisyne gebruik en staan in dié konteks bekend as ejiao (Elise Tempelhoff, Netwerk24, 20 November 2019). › Hoewel daar bloedweinig wetenskaplike bewyse vir ejiao se medisinale waarde bestaan, word dit in Chinese medisyne en produkte gebruik vir enigiets van bloedarmoede tot ’n beter libido, die verkleining van gewasse, menopouse en plooie (Madeleine Barnard, Vrye Weekblad, 20 Desember 2019). › Suid-Afrika is een van die groot verskaffers van donkievelle in die wêreld vir die maak van sogenaamde Chinese medisyne, wat as ejiao, bekend staan (Elise Tempelhoff, Netwerk24, 8 Mei 2018).
oorsprong:
Hanyu Pinyin ē jiāo
samestelling(s):
ejiao-mark
ejiao-medisyne
dwergsjimpansee
dydelik
dzikr
e-afval
EARS
EARS-CoV-2
e-beursie
EBieSA
edamame
eend
eenogigheid
eenooggod
eensaamheidsdood
een-tot-een-gesprek
eet
e-fiets
efundja
e-gesondheid
EHHP
Eid
Eid-oel-Fiter
einarooi
eisbein
ejiao
ekfrakties
ekfrase
eko-aktivis
ekobaksteen
ekomoord
ekonomie
ekoprotes
ekosteen
ekostryder
ekoverset
ekovrees
ekspat
ekstraordinêr
ekstrueer
ekstrusie
ektoterm
elaichi
elektronies
elmbooggroet
elmbooghoes
elmboogkug
elmboogmacaroni
elmboognies