Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
ekfrase s.nw. ◌ Ook ekfrasis ◌ kunstige beskrywing van ’n (kuns)voorwerp, veral van ’n skildery: › Wanneer ’n vers kommentaar lewer op ’n bekende skildery, word dit ’n ekfraktiese gedig genoem. Die denkbeeldige ekfrase is weer ’n verhaal gegrond op ’n fiktiewe kunswerk. Egte ekfrase is ’n storie wat ’n beroemde skildery in die verhaal plaas én so die verhaal simbolies laai (Joan Hambidge, Vrye Weekblad, 27 Oktober 2023). › Deel VI, “Ekfrase” (van Joan Hambidge), tref met beeldgedigte wanneer die digter die 17de-eeuse Spaanse skilder Diego Velázquez se olieverfskilderye begelei met boeiende ekfraktiese narratiewe (Nini Bennett, Rapport, 6 November 2022). ◌ ENGELS: ekphrasis | ecphrasis
dzikr
e-afval
EARS
EARS-CoV-2
e-beursie
EBieSA
edamame
eend
eenogigheid
eenooggod
eensaamheidsdood
een-tot-een-gesprek
eet
e-fiets
efundja
e-gesondheid
EHHP
Eid
Eid-oel-Fiter
einarooi
eisbein
ejiao
ekfrakties
ekfrase
eko-aktivis
ekobaksteen
ekomoord
ekonomie
ekoprotes
ekosteen
ekostryder
ekoverset
ekovrees
ekspat
ekstrueer
ekstrusie
ektoterm
elaichi
elektronies
elmbooggroet
elmbooghoes
elmboogkug
elmboogmacaroni
elmboognies
emmerskoplys
empatitis
energiejel