Bygewerk op 4 September 2021
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordwisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Oktober 2019 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

groen b.nw. [attr. en pred.]
groen goud
1
(informeel) avokado’s: Soos die vraag na avokado’s toegeneem het, het daar ’n donker skadukant tot die bedryf toegetree – spesifiek in Mexiko, die moederland van die oro verde (groen goud), waar dwelmkartelle nou op die bedryf inbeweeg het (Aneliesse Burgess, Vrye Weekblad, 12 Maart 2021). Avokado’s is algemeen bekend as “groen goud” danksy die wêreldwye aanvraag wat pryse die hoogte in laat skiet (Vrye Weekblad, 8 Maart 2020). Die organisasie sê in die verslag makadamias is die duurste neut ter wêreld, terwyl avokado’s as “groen goud” bekend staan (Elise Tempelhoff, Netwerk24, 4 Maart 2020).

2
(informeel) dagga: Nie almal is vandag hier omdat hulle gerook wil raak, nuuskierig is oor die daggaplant se beweerde kragte of wil leer hoe om dié “groen goud” vorentoe te delf nie (Pieter van Zyl, Huisgenoot, 12 April 2019). | ENGELS: green gold

groen strook Ook groenstrook strook natuurlike plantegroei as beskermde/bewaarde natuurgebied in of wat grens aan ’n stad of ander ontwikkelde area: Die huis is reg langs ’n groen strook geleë, wat dit heerlik afgesonder laat voel, en danksy die welige tuin hoor of sien ons nooit bure of verbygangers nie (Jayne Brink, Tuis, November 2017). Om vleilande en ander groenstroke in ons stede te bewaar, beteken nie daar word na die pype gedans van 'n paar voëlkykers en naweek-piekniekgangers nie (Leonie Joubert, Vrye Weekblad, 3 Mei 2019 ). Wanneer ’n hittegolf ’n stad tref, sal groenstroke soos die herstelde vleiland in Makhaza in Khayelitsha, die Philippi-tuinbougebied op die Kaapse Vlakte of Princessvlei help om temperature in die nabyheid laer te hou as die hitte-eilande van geteerde parkeerareas of middestede vol wolkekrabbers (Leonie Joubert, Vrye Weekblad, 3 Mei 2019). | ENGELS: green belt | greenbelt

groen waterstof waterstof wat deur die elektrolise van water geproduseer word met elektrisiteit wat opgewek word deur ’n hernubare bron soos wind of sonkrag: Groen waterstof word deur elektrolise vervaardig, aangedryf deur hernubare energie, om later in waterstof en suurstof te verdeel – ’n proses wat geen CO2 vervaardig nie. Dit beteken groen waterstof kan die sleutel wees tot die ontkoling van die wêreld teen ’n koers wat hernubare energie op sy eie nooit sal regkry nie (Lisa Steyn, Vrye Weekblad, 13 November 2020).


 Nuut: Red ons van Plastiekengels (rubriek) | Son en skaduwee (rubriek)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2021 Jana Luther