Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 5 Februarie 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)

Soek in:

draakvrug s.nw. | draakvrugte | draakvruggie | (botanie, kookkuns) vrug van verskeie kaktussoorte (genus Hylocereus), inheems in Suid- en Sentraal-Amerika, met ’n leeragtige, blaarskubbige perspienk skil en soet wit (soms pienkerige) vleis vol swart pitjies: Wanneer dit by vrugte kom, probeer verskillende vrugte wat dalk ’n bietjie meer eksoties is as net appels en piesangs – gee vla-appels, Oosterse pere en pitaja (draakvrug) ’n kans (Lila Bruk, Netwerk24, 13 Mei 2015). Van sy klante is megaboerderye, soos die Al3 Boerdery in Limpopo wat vanjaar sy eerste kommersiële draakvrugte op varsproduktemarkte in Suid-Afrika gelewer het (Jasper Raats, Landbouweekblad, 25 Februarie 2019). Draakvrugte is vir ’n lang tyd met ’n sentrale paal en ’n sirkelvormige of vierkantige raam aan die bokant opgelei sodat die blare oor die raam drapeer [… D]eesdae word die plante in ’n plantlyn opgelei wat basies soos ’n kraalmuur lyk. Daar is regop paaltjies met drade of latte aan weerskante, waardeur die sentrale stam groei voordat die blare dan oor die draad of latte hang (Jasper Raats, Landbouweekblad, 25 Februarie 2019).
SINONIEM(E): pitaja
ENGELS: dragon fruit | pitahaya


samestelling(s):
draakvrugblom: Draakvrugblomme het kruisbestuiwing nodig (Jasper Raats, Landbouweekblad, 25 Februarie 2019).
draakvrugmark
draakvrugkwekery
draakvrugplant

 So lyk dit  



Let wel
Kies in watter bron(ne) jy wil soek. As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word voorbeelde van die woord in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Kyk hier onder hoe jy ook met behulp van spesiale karakters kan soek.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Podsendkanaal

  Artikels, rubrieke en ander bydraes van 2025

Weet jy wat is die agtste ‘bot’ se betekenis? (Netwerk24)

Taalgoggas wat baie laat struikel (Netwerk24)

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther