Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
dooddoula s.nw. | dooddoulas | ◌ Ook doodsdoula ◌ persoon wat ’n sterwende voor en tydens die dood bystaan, en dikwels ook aan die sterwende se naasbestaande(s) hulp verleen: › Dit het gedurende die pandemie begin inslag vind toe so baie mense geliefdes verloor het en die dood regtig op almal se radar was. Die meeste mense sal meer bekend wees met wat ’n geboorte-doula is, en die meeste sal nie weet wat ’n doodsdoula is nie. Dit is ’n nie-mediese ondersteuningstruktuur vir emosionele, spirituele en soms praktiese bystand wanneer jy nader aan die einde van jou lewe kom (Dion Chang, Vrye Weekblad, 10 November 2023). › Bystand van ’n dooddoula kan gerusstellend wees waar die dood teenwoordig is. › Afhangende van die omstandighede, en die vlak van vertroue wat bestaan, kan ’n dooddoula ’n gesin take help verrig wat tipies aan begrafnisondernemers oorgelaat word, soos om die liggaam van die oorledene te was en te klee. ◌ SINONIEM(E): sterwensbegeleier | doodsafrigter ◌ ENGELS: death doula
KYK OOK: doula
doekebraai
doemkopter
doen
doenja-goed
dofie
dololo
dom
dombolo
dominator
dominatrise
dominatrix
dominee
domino
dommeling
dompelduikboot
dompeltuig
don
döner kebab
dongel
donker
donkerkombuis
donkernet
donut
dooddoula
doodgoed
doodsafrigter
dophoutegnologie
dopmaatskappy
dotcom
doughnut
doula
DOV
dowwerd
draad 1
draad 2
draaiaartappel
draaikebab
draaisimmetrie
draakvrug
Drakie
drama queen
dreunlyf
dreuntuig
droogdruif
druppelbesmetting
druppeloordrag
dua