Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
dominee s.nw. | dominees |
Die Latynse woord domus beteken “huis”.
Die meester van die huis heet in Latyn dominus. Ons het via Middelfrans dominé en 17de-eeuse Nederlands die woord dominee geërf. Maar ons het ’n groter oes van dominus gekry as net dominee. Eerstens het ons die werkwoord domineer (“baasspeel”, “oorheers”) en die byvoeglike naamwoord dominant (“oorheersend”). Tweedens het ons dom soos in Dom Pedro, die Portugese oorblyfsel van dominus; en don, soos in Don Juan, die Spaanse oorblyfsel van dominus in Afrikaans.
Die grootste kroos van die Latynse domus is egter afkomstig van domina (“huismeesteres”), die vroulik van dominus. Onder Rooms-Katolieke is Maria, die moeder van Jesus, dié domina. Maar die gewone woord domina het in Portugees donja geword. Die Portugese donja het in die Verre-Ooste nonja en nonje geword, wat saam met die slawe in die 17de en 18de eeu Kaap toe gekom het. Hieruit het Afrikaans vandag nog die selfstandige naamwoorde nooi en nooientjie.
Johan Combrink
Taalgereedskap: Die Burger, 28 Julie 1997 © Netwerk24
In die Woordeboek van Afrikaans Vandag opgeneem met toestemming.
disanie
disfemisme
disinformasie
distansiëringsuitrusting
djas
djintoe
djits
DM
DNA
DNS 1
DNS 2
dodemars
doekebraai
doemkopter
doen
doenja-goed
dofie
dololo
dom
dombolo
dominator
dominatrise
dominatrix
dominee
domino
dommeling
dompelduikboot
dompeltuig
don
döner kebab
dongel
donker
donkerkombuis
donkernet
donut
dooddoula
doodgoed
doodsafrigter
dophoutegnologie
dopmaatskappy
dotcom
doughnut
doula
DOV
dowwerd
draad 1
draad 2