Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
dompeltuig s.nw. | dompeltuie | klein, kompakte, drukweerstandige onderwatertuig, baie kleiner as ’n duikboot, wat vir spesifieke doeleindes, soos diepsee-verkenning, -waarneming en -fotografie, mariene argeologie en navorsing gebruik word: › Die dompeltuig Titan wat op pad was na die wrak van die Titanic het ingeplof en al vyf passasiers is dood (Huisgenoot, 30 Junie 2023). › Die Titan is eerder ’n dompeltuig vir die verkenning van uiterste dieptes as ’n outonome, selfsturende duikboot in die algemene sin (Huisgenoot, 21 Junie 2023). › Die dompeltuig [...] is 6,7 m lank, 2,8 m wyd en 2,5 m hoog. Dit het sitplek vir vyf mense en ’n spesiale drukbestande koolstofveselromp van sowat 13 cm dik. Die tuig het ’n titaniumkoepel aan die voor- en agterkant, weeg sowat 10 ton en kan 685 kg karwei. Dit maak hoofsaaklik op navigasie van sy ondersteuningskip staat (Huisgenoot, 21 Junie 2023).
◌ SINONIEM(E): dompelduikboot
◌ ENGELS: submersible
djieker
djintoe
djits
DM
DNA
DNS 1
DNS 2
dodemars
doekebraai
doemkopter
doen
doenja-goed
dofie
dololo
dom
dombolo
dominator
dominatrise
dominatrix
dominee
domino
dommeling
dompelduikboot
dompeltuig
don
döner kebab
dongel
donker
donkerkombuis
donkernet
donut
dooddoula
doodgoed
doodsafrigter
dophoutegnologie
dopmaatskappy
dotcom
doughnut
doula
DOV
dowwerd
draad 1
draad 2
draaiaartappel
draaikebab
draaisimmetrie
draakvrug