Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
doula s.nw. | doulas | (Grieks) ervare, kundige persoon, gewoonlik ’n vrou, wat voor en tydens die geboorte van ’n baba aan die moeder praktiese en emosionele ondersteuning bied, ter aanvulling van mediese sorg: › My rolle as ma en aktrise hou my voltyds besig, maar as opgeleide doula [iemand wat leiding gee tydens geboorte] skryf ek nou ’n boek om vroue te help (Quinne Brown Huffman, Sarie, 23 April 2019). › ’n Doula is iemand sonder mediese opleiding wat paartjies bystaan met inligting, asook emosionele en fisieke ondersteuning gedurende swangerskap, geboorte en in die belangrike tydperk ná die geboorte (Weslander, 8 April 2019).
◌ SINONIEM(E): geboorteafrigter | swangerskapsafrigter
◌ ENGELS: doula
oorsprong:
Uit Ou Grieks doúlē dienende vrou, vrou in diens van ander vroue
KYK OOK: dooddoula
dombolo
dominator
dominatrise
dominatrix
dominee
domino
dommeling
dompelduikboot
dompeltuig
don
döner kebab
dongel
donker
donkerkombuis
donkernet
donut
dooddoula
doodgoed
doodsafrigter
dophoutegnologie
dopmaatskappy
dotcom
doughnut
doula
DOV
dowwerd
draad 1
draad 2
draaiaartappel
draaikebab
draaisimmetrie
draakvrug
Drakie
drama queen
dreunlyf
dreuntuig
droogdruif
druppelbesmetting
druppeloordrag
dua
duik
duim
duiwel
duiwelasem
duiwelruitertjie
duiwelstert
dwaalbos