Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
doodsafrigter s.nw. | doodsafrigters | persoon wat ’n sterwende voor en tydens die dood bystaan, en dikwels ook aan die sterwende se naasbestaande(s) hulp verleen: › Toe Covid kom, moes sy baie meer persoonlik oor die dood dink en het sy dit op ’n baie konkrete manier aangepak deur saam met Sierra Campbell, ’n doodsafrigter, te werk (Vrye Weekblad, 15 Januarie 2021). › As jy so kyk en luister na die gesette, bleswordende “doodsafrigter” in sy wit kaftan met goue omboorsel [...] is dit maklik om [hom] af te maak as ’n New Age-pseudo-ghoeroe of ’n aspirant-sekteleier. “Ek gee nie om wat jy my noem nie,” lag hy. “Etikette doen geen afbreuk aan die steun wat ek aan my pasiënte gee nie” (Darren Taylor, Vrye Weekblad, 29 Mei 2020).
◌ SINONIEM(E): sterwensbegeleier | dooddoula
◌ ENGELS: death doula | death companion
doen
doenja-goed
dofie
dololo
dom
dombolo
dominator
dominatrise
dominatrix
dominee
domino
dommeling
dompelduikboot
dompeltuig
don
döner kebab
dongel
donker
donkerkombuis
donkernet
donut
dooddoula
doodgoed
doodsafrigter
dophoutegnologie
dopmaatskappy
dotcom
doughnut
doula
DOV
dowwerd
draad 1
draad 2
draaiaartappel
draaikebab
draaisimmetrie
draakvrug
Drakie
drama queen
dreunlyf
dreuntuig
droogdruif
druppelbesmetting
druppeloordrag
dua
duik
duim