Bygewerk op 9 Mei 2024

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem deel aan ons leesprogram en help ons!

Getal trefwoorde vandag: 3 475

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

dompelduikboot s.nw. | dompelduikbote | klein, kompakte, drukweerstandige onderwatertuig, baie kleiner as ’n duikboot, wat vir spesifieke doeleindes, soos diepsee-verkenning, -waarneming en -fotografie, mariene argeologie en navorsing gebruik word: Die dompelduikboot wat op ’n toeriste-ekspedisie vertrek het om die wrak van die Titanic te verken, word vermis (Netwerk24, 19 Junie 2023). Daar is geen manier om met die vaartuig te kommunikeer nie omdat GPS of radio nie onder water werk nie. Wanneer die ondersteuningskip direk bokant die dompelduikboot is, kan hulle kort teksboodskappe heen en weer stuur [...] Passasiers (is) binne die vaartuig verseël ... deur boute wat van buite aangebring is. Daar is geen manier om te ontsnap nie, selfs al styg jy self na die oppervlak. Jy kan nie uit die vaartuig kom sonder dat bemanning aan die buitekant jou toelaat nie (Netwerk24, 20 Junie 2023). Volgens die OceanGate-webwerf besit hy drie dompelduikbote en net die Titan kan diep genoeg duik om die Titanic se wrak te bereik. Die Polar Prince, ’n navorsingskip wat gebruik word om dompelduikbote na die Titanic-wrakterrein te vervoer, was by die ekspedisie betrokke (Netwerk24, 20 Junie 2023). Dompelduikbote is met lewensondersteuningstelsels toegerus om klein bemannings, vir die duur van kort onderwateroperasies, van lug, temperatuurregulering en ander noodsaaklike geriewe te voorsien.SINONIEM(E): dompeltuigENGELS: submersible

Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word voorbeelde van die woord in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Rubrieke en podsendings van 2024

Bruilof-wortels lê geanker in rituele (Netwerk24)

Word daar nog saans stories in jou huis vertel? (Netwerk24)

Dit is waar ’n babbeljoentjie vandaan kom (Netwerk24)

Dalk is dit nou tyd vir Red-’n-Woord-projek? (Netwerk24)

“Engels hou só Afrikaans se arms omhoog” (Netwerk24)

“Ek doen” (Netwerk24)

Afrikaans is ’n steentjie in die Afrikamosaïek (Netwerk24)

Luister mooi, stilbly is ook ’n antwoord (Netwerk24)

Die bouwerk wat ons help uitstyg (Netwerk24)

Dikdood of op ’n wilde perd die nuwe jaar in (Netwerk24)


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2024 Jana Luther