Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
dinktenk | dinktenks, dinktenke | (informeel) groep of instituut wat ’n bepaalde onderwerp, beleidskwessie of probleem bestudeer en advies, inligting en idees daaroor verskaf: › C. werk by die Valdivieso-sentrum, ’n dinktenk vir bevrydingsteologie en psigososiale oplossings (Anneliese Burgess, Vrye Weekblad, 6 Januarie 2023). › Cronje is die uitvoerende hoof van die Instituut vir Rasseverhoudinge (IRV), ’n liberale dinktenk wat politieke en ekonomiese vryheid bevorder (Rapport, 18 Oktober 2020). › Die paneel het ses jaar gelede begin met ’n lys van die 25 lande met die meeste sagte mag. Hulle tel byvoorbeeld hoeveel buitelandse joernaliste in ’n land is, hoeveel van sy universiteite onder die wêreld se top 100 is, die aantal konsulate en ambassades, besoekers aan topmuseums, dinktenks, Nobelpryswenners, asielsoekers, toeriste (en hoeveel geld hulle bestee), Wêreld-erfenisgebiede en buitelandse studente (Bun Booyens, Netwerk24, 20 Desember 2016).
◌ SINONIEM(E): dinksentrum
◌ ENGELS: think tank
deugsinjalering
deurbraakinfeksie
dhai
dhal
dhoe’r
dialek
diamantmaan
DiCaprio-kewer
diensrobot
diep
diepdekkingsagent
digikon
digisfeer
digitaal
digitaliseer
digitalisering
digitiseer
digitisering
dikgewrig
dikgewrig-
dikvingerfout
dingemalêrie
dinges
dinktenk
diogenessindroom
disanie
disfemisme
disinformasie
distansiëringsuitrusting
djas
djieker
djintoe
djits
DM
DNA
DNS 1
DNS 2
dodemars
doekebraai
doemkopter
doen
doenja-goed
dofie
dololo
dom
dombolo
dominator